Medihelp het onlangs ’n splinternuwe toepassing (“application”) vir Android-slimfone (soos Sony-, Samsung-, HTC-, Galaxy- of LG-slimfone) ontwikkel wat
nou die belangrikste Medihelp-sake in die holte van jou hand sit. Teken aan met dieselfde intekenbesonderhede as vir ons gesekerde webtuiste vir lede om
hierdie app te gebruik. (Kliek hier om vir toegang tot ons gesekerde
webtuiste te registreer as jy nog nie het nie.)
Jy het nou die heel nuutste bygewerkte weergawe van jou lidkaart op jou selfoon beskikbaar (jy kan dit selfs met Bluetooth-tegnologie na jou dokter e-pos!)
of dien ’n eis sommer op die plek in. Met ons nuwe toepassing kan jy ook jou naaste netwerkdokter in ’n japtrap opspoor. Dis makliker as een-twee-drie!
Lees meer...
Kry bekostigbare mediese dekking by ’n doktersnetwerk.
Hierdie primêresorg-opsie fokus daarop om meer Suid-Afrikaners toegang tot privaat gesondheidsorgdienste te bied.
- Die meeste gesondheidsorgdienste word deur spesifieke netwerkdokters of diensverskaffers gelewer.
- Formulariums, protokolle en ’n voorafgoedkeurings- of registrasieproses geld vir die meeste dienste.
- Die opsie het geen oorhoofse limiet nie en fokus daarop om privaat gesondheidsorg meer toeganklik te maak.
- Ledegeld word volgens inkomste bereken en ’n netwerk van privaat praktisyns bied toegang tot gehalte sorg.
R828 / per maand
Lees meer
’n Hospitaalplan met ekstra voordele vir konsultasies en voorkomende sorg.
Hierdie uiters bekostigbare opsie bied jou ’n reeks voordele vir voorkomende sorg bykomend tot die beskikbare dag-tot-dag-voordele – dit sluit in potensieel
lewensreddende siftingstoetse, immuniserings, swangerskap- en babavoordele, asook ’n rugbehandelingsprogram. Ons voordele vir voorkomende sorg is só ontwikkel
dat jy potensiële gesondheidsprobleme vroegtydig kan opspoor en vul sodoende jou dag-tot-dag-voordele aan.
Jou gesondheid bepaal jou lewensgehalte. Dis belangrik om na jou gesondheid om te sien en voorsiening te maak vir die beste sorg wanneer jy of jou geliefdes
dit nodig het. Daarom is dit noodsaaklik om in jou toekoms te belê deur in vennootskap te tree met ’n mediese skema wat jou toegang tot die beste gehalte
privaat gesondheidsorg bied.
Jy kan ook kies om die netwerkweergawe van hierdie opsie te gebruik teen ’n laer premie soos onder gelys.
R930 / per maand
Lees meer
Geniet basiese mediese dekking gekoppel aan ’n spaarrekening vir ekstra uitgawes.
Ons spaarrekeningopsie bied jou ook ’n reeks voordele vir voorkomende sorg bykomend tot die beskikbare dag-tot-dag-voordele – dit sluit in potensieel
lewensreddende siftingstoetse, immuniserings, swangerskap- en babavoordele, asook ’n rugbehandelingsprogram. Ons voordele vir voorkomende sorg is só ontwikkel
dat jy potensiële gesondheidsprobleme vroegtydig kan opspoor en vul sodoende jou dag-tot-dag-voordele aan.
Jou gesondheid bepaal jou lewensgehalte. Dis belangrik om na jou gesondheid om te sien en voorsiening te maak vir die beste sorg wanneer jy of jou geliefdes
dit nodig het. Daarom is dit noodsaaklik om in jou toekoms te belê deur in vennootskap te tree met ’n mediese skema wat jou toegang tot die beste gehalte
privaat gesondheidsorg bied.
Jy kan ook kies om die netwerkweergawe van hierdie opsie te gebruik teen ’n laer premie soos onder gelys.
R1 338 / per maand
Lees meer
Mediese dekking vir die hele gesin, met voordele vir oogkundiges en tandartse.
Kry omvattende voordele asook ’n reeks voordele vir voorkomende sorg bykomend tot die beskikbare dag-tot-dag-voordele – dit sluit in potensieel lewensreddende
siftingstoetse, immuniserings, swangerskap- en babavoordele, asook ’n rugbehandelingsprogram. Ons voordele vir voorkomende sorg is só ontwikkel dat jy
potensiële gesondheidsprobleme vroegtydig kan opspoor en vul sodoende jou dag-tot-dag-voordele aan.
Jou gesondheid bepaal jou lewensgehalte. Dis belangrik om na jou gesondheid om te sien en voorsiening te maak vir die beste sorg wanneer jy of jou geliefdes
dit nodig het. Daarom is dit noodsaaklik om in jou toekoms te belê deur in vennootskap te tree met ’n mediese skema wat jou toegang tot die beste gehalte
privaat gesondheidsorg bied.
Jy kan ook kies om die netwerkweergawe van hierdie opsie te gebruik teen ’n laer premie soos onder gelys.
R1 584 / per maand
Lees meer
Omvattende mediese dekking, insluitend vir chroniese medisyne en spesialiste.
Dimension Elite is die top-opsie in die Dimension-reeks en bied ruim voordele vir gesinne en individue wat verkies om deur middel van versekerde voordele
vir hulle dag-tot-dag-gesondheidsorgbehoeftes voorsiening te maak. Die opsie bied omvattende dekking vir mediese noodgevalle en hospitalisasie. Voeg daarby
die voordele vir voorkomende sorg wat die gesondheids- en voordele-aanvuller bied en jy kan gerus wees in die wete dat jou gesin se gesondheid in veilige
hande is.
R2 700 / per maand
Lees meer