Follow the best medical aid in the industry on facebook

28 Mei – Internasionale Dag van Aksie vir Vrouegesondheid

  •   by Medihelp
  •   28 Mei 2017
  •   333 view(s)

Medihelp eer vroue van alle ouderdomme op die Internasionale Dag van Aksie vir Vrouegesondheid met uitstekende voordele vir voorkomende sorg.

Medihelp se Dimension Prime 3-voordele-opsie ondersteun jou op jou reis na goeie gesondheid met voordele vir voorkomende sorg wat gemik is op die vroeë identifisering van potensiële gesondheidsrisiko’s. Indien jy die netwerkalternatief kies, kan jy boonop tot 20% op jou maandelikse bydrae spaar.

Dimension Prime 3 se voordele vir voorkomende sorg vir vroue

Babas 2 konsultasies vir babas jonger as 1 jaar oud
1 – 7 jaar Immunisering vir kinders < 7 jaar, soos deur die Departement van Gesondheid gepubliseer
10 – 26 jaar MPV-entstof vir meisies tussen 10 en 26 jaar
Swangerskap
  • 12 swangerskapkonsultasies per gesin per jaar
  • Twee 2D-sonars per gesin per jaar
40+
  • Jaarlikse mammogram vir vroue > 40 jaar
  • Jaarlikse papsmeer
  • Jaarlikse beendigtheidstoets vir vroue > 50 jaar
Voorkomende sorg vir alle ouderdomme
  • Jaarlikse kombinasietoets (bloedglukose, cholesterol, LMI en bloeddruk)
  • Jaarlikse griepimmunisering
  • MIV-toets (nie patologietoets nie) en vrywillige berading vir alle bevoordeeldes
  • Een Document-Based Care-rugbehandelingsprogram per bevoordeelde per jaar by ’n DBC-fasiliteit (onderhewig aan protokolle en voorafgoedkeuring)
Het jy geweet? Medihelp sal ook die toedieningsfooi vir inentings by Dis-Chem- en Clicks-apteekklinieke betaal.
Wenke vir uitstekende gesondheid
  • Sluit aan by HealthPrint, Medihelp se gratis aanlyn welstandsprogram eksklusief vir Medihelp-lede. HealthPrint help jou om jou gedrag te monitor en te verander om só jou gesondheidsprofiel te verbeter. Jy kan jou gesondheidsinligting en -profiel op HealthPrint vaslê en bywerk. Klik hier vir meer inligting.
  • Gaan vir jou jaarlikse gesondheidstoetse.
  • Volg ’n gesonde dieet en matige oefenprogram.
  • Hou op rook en beperk jou alkoholinname.
  • Hanteer stres op gesonde maniere.
  • Slaap genoeg.
  • Skep bewustheid. Deel hierdie inligting met al die vroue wat jy liefhet en bewonder.
Medihelp wil jou bystaan op jou reis na goeie gesondheid en welstand. Klik hier om meer oor ons reeks van voordele-opsies uit te vind.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO