Follow the best medical aid in the industry on facebook

5 maniere om die “winter-blues” te oorwin

  •   by Medihelp
  •   30 Junie 2016
  •   316 view(s)
Die "winter-blues" word gekenmerk deur ligte depressie, ’n gebrek aan motivering en lae energievlakke – iets wat die meeste van ons gedurende die koue seisoen ervaar. Gelukkig is daar heelwat wat jy kan doen om die winter-blues te voorkom of weer na jou normale, gelukkige self terug te keer as jy reeds geaffekteer is.

Indien jou bui dus vinniger as die temperatuur val, volg hierdie stappe om jou gemoed te lig:

1. Oefen
Oefening kan jou nie net help om gewig te verloor en gesond te bly nie, dis ook ’n goeie manier om spanning te verlig. Deur gereeld te oefen, sal jy meer energie regdeur die dag hê. Oefening stel ook “goedvoel-chemikalieë” vry wat jou gelukkiger sal laat voel.

2. Volg ’n gesonde dieet
Wat en wanneer jy eet, affekteer jou bui en energievlak. Vermy verwerkte en verfynde kosse (soos witbrood, witrys en suiker) want dit bevat nie die voedingstowwe wat jou liggaam benodig nie en tap boonop jou energievlak, wat depressie, gebrekkige konsentrasie en gemoedskommelings kan veroorsaak. Probeer om meer komplekse koolhidrate (volgraanbrood, bruinrys, groente en vrugte) te eet en drink die vereiste agt glase water per dag. Hierdie gesonde kosse voorsien jou liggaam (en gees) van die nodige voeding en stabiliseer jou bloedsuiker en energievlak.

3. Probeer jou huis ophelder
Die geheim is om soveel as moontlik natuurlike lig in jou huis of woonstel in te laat. Hou die blindings of gordyne oop gedurende die dag en snoei enige struike buite die venster, indien nodig. Verf die mure in helder kleure en kies ligkleurige bekleedsel vir die meubels. Rommel kan jou ook geestelik aftakel, dus moet jy so dikwels as moontlik jou kamer en huis opruim.

4. Kry jou daaglikse dosis vitamien D
Vitamien D word vervaardig deur die son se strale op die vel, en weens die korter, kouer dae in die winter kan ’n vitamien D-tekort ontstaan. Om te verseker dat jy die vereiste daaglikse dosis vitamien D inkry, gaan so dikwels as moontlik buitentoe in die natuurlike daglig, veral op die middaguur en wanneer dit nie bewolk is nie. Probeer om binne die huis langs ’n venster te sit indien moontlik. As laaste uitweg kan jy jou dokter vra om ’n vitamien D-aanvulling aan te beveel.

5. Besoek vriende en familie
Die kenners glo dat dit goed is vir jou geestesgesondheid om te sosialiseer, en dat dit die winter-blues kan keer. Doen moeite om kontak te behou met die mense vir wie jy lief is en kuier saam wanneer jy kan, selfs al is dit net vir ’n rukkie.


Sluit vandag nog by die Medihelp MultiSport-klub aan!
Ons nooi jou uit om deel van die Medihelp MultiSport-klub vir drawwers en fietsryers te word. Jy kry toegang tot ’n magdom inligting, insluitend ons weeklikse blog met handige oefennuus, ’n maandelikse nuusbrief wat jou op hoogte hou van gebeure en inligting oor die Klub se aktiwiteite, asook fantastiese afslag op jou Klubkleure en wedlope wat Medihelp borg. Om meer uit te vind, besoek www.medihelp.co.za.


Bronne:  www.sparkpeople.com, www.buzzfeed.com, www.wikihow.com, www.nhs.uk
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO