Follow the best medical aid in the industry on facebook

6 wenke vir ’n seepgladde swangerskap

  •   by Medihelp
  •   12 Februarie 2016
  •   1691 view(s)
1. Begin so gou as moontlik met voorgeboortesorg
Dis noodsaaklik om vroeg in jou swangerskap reeds met voorgeboortesorg te begin. Dit kan help om die fetus te beskerm teen onderliggende probleme soos diabetes en Rh-immunisering. Latere voorgeboortesorg sal bloedtoetse soos hepatitis B-toetse en verskeie immuuntoetse insluit. Dis raadsaam om voorgeboortevitamiene te begin neem sodra jy weet dat jy swanger is en om al jou doktersafsprake na te kom. Neem jou geliefde of ’n goeie vriendin saam na al die sonars.

2. Verbreed jou kennis
Kry boeke oor swangerskap, die geboorteproses en hoe om vir babas te sorg by die biblioteek of liefdadigheidsboekwinkels, of vra vir pamflette daaroor. Jy kan ook by ’n plaaslike hospitaal inskryf vir klasse teen geen of ’n geringe fooi. Geboorteklasse leer jou wat om te verwag tydens die geboorte, asook watter tegnieke jy kan toepas om die pyn te verlig – inligting wat jou kan help om die regte besluite te neem en selfs moontlik ’n keisersnee te vermy.

3. Bly gesond & gehidreer
Swanger vroue benodig baie meer voedingstowwe, wat beteken dat jy meer vrugte en groente moet eet. Jy behoort nie meer as 300 mg kaffeïen per dag in te neem nie; sommige kenners meen jy moet kaffeïen heeltemal vermy. As jy kosdrange begin ontwikkel, probeer om gesonder items te eet: Pleks van aartappelskyfies kan jy wortelstokkies probeer, of ontbytgraan met ’n sjokoladegeur en afgeroomde melk pleks van sjokoladelekkergoed. Drink drankies wat nie kaffeïen bevat nie en sewe tot agt glase water per dag.

4. Sluit by die Mom-2-be-program aan vir bystand
Mom-2-be is spesiaal ontwikkel om by jou unieke gesondheidsprofiel, leefstyl en swangerskap te pas. Die program wys jou hoe jou baba week vir week groei en help jou verstaan hoe jou swangerskap vorder.

Jy kan ook jou doktersafsprake dagboek, foto’s oplaai en toegang tot jou voordele vir voorkomende sorg kry. Die Mom-2-be-program bied lede ook dubbelpunte by Dis-Chem en ’n speelgoedboks ter waarde van R350.

5. Bly fiks en gesond
Wees aktief, maar ken jou perke. As jy gereeld oefen terwyl jy swanger is, kan dit jou help om die pyn te hanteer wat met die geboorteproses saamgaan, en om na die tyd vinniger te herstel. Solank dit jou dokter se goedkeuring wegdra, behoort jy elke dag of die meeste dae van die week 30 minute se oefening (soos stap, swem of voorgeboorte-joga) te doen.

6. Wees voorbereid
Jy kan op enige tyd tussen 38 tot 42 weke begin kraam en dit kan op die mees onverwagse tyd en plek gebeur. Stel ’n plan op om by die hospitaal te kom indien dit sou gebeur. Pak vooraf ’n tas vir jou en die baba. Sorg dat jy enige items insluit wat jy en die baba mag nodig kry. Moenie die kamera vergeet nie!

Verwante artikels:
Kinderveiligheid: Hou jou kinders heel somer lank veilig

Hoe om uitbarstings te hanteer

Laat jou voordele vanjaar langer hou


Bronne: www.wikihow.com, www.newparent.com, www.fitpregnancy.com
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO