Follow the best medical aid in the industry on facebook

Als wat jy moet weet oor opsies met ’n mediese spaarrekening

  •   by Medihelp
  •   28 Junie 2016
  •   291 view(s)
Mediese skemas bied verskillende planne aan hul lede, insluitend hospitaalplanne, hospitaalplanne met ’n spaarkomponent, tradisionele planne, omvattende planne en netwerkplanne.

Kom ons kyk na hospitaalplanne met ’n spaarkomponent:

Hoe werk dit?
Die spaarrekening is ontwerp om dag-tot-dag- mediese uitgawes te dek. Lede dra maandeliks ’n vasgestelde bedrag by tot die spaarrekening en die totale jaarlikse bydrae is vooruit beskikbaar om vir mediese uitgawes te betaal.

Vir wie is dit ontwerp?
Spaarplanne word aanbeveel vir individue en gesinne wat omvattende dekking benodig indien hulle gehospitaliseer word in ’n noodgeval of vir ’n beplande prosedure, maar ook die aanpasbaarheid van ’n spaarrekening vir dag-tot-dag-uitgawes wil geniet.

Wat moet ek in gedagte hou met hierdie opsie?
Indien jou spaargeld opraak, moet jy self verder vir dag-tot-dag-uitgawes betaal. Stel vas of daar prosedures is wat nie gedek word nie of wat bybetalings vereis, soos gastroskopie, kolonoskopie, laparoskopie, verwydering van verstandtande of katarakverwydering. Vind by jou skema uit teen watter tarief jou hospitaalverblyf en die spesialiste se fooie betaal word. As die dokter en narkotiseur byvoorbeeld meer as die mediese fonds se tarief hef, is jy self aanspreeklik vir die kosteverskil.

Wat gebeur as my spaargeld opraak?
Jy sal steeds gedek wees vir hospitalisasie en VMV-behandeling, maar jy sal self alle dag-tot-dag-uitgawes moet betaal.

Kan een persoon in ’n gesin al die spaargeld opgebruik?
Ja. Die fondse in die spaarrekening is beskikbaar vir die lid en al sy/haar afhanklikes, dus kan een lid van die gesin wat duur mediese behoeftes het al die geld in die spaarkomponent opgebruik.

Wat as ek nie al die fondse in die mediese spaarrekening gebruik nie?
Die geld wat jy bydra, akkumuleer en fondse wat jy nie gebruik nie, word na die volgende jaar oorgedra. Sou jy jou lidmaatskap beëindig of na ’n ander opsie verwissel wat nie ’n spaarrekening het nie, sal die beskikbare fondse aan jou uitbetaal word.

Sluit vandag nog by Medihelp se Unify-opsie aan!
Die Unify-opsie is ’n baie gewilde nuwe spaaropsie wat omvattende dekking vir hospitalisasie in privaat hospitale bied, met ’n 25%-spaarrekening wat jou toelaat om self jou dag-tot-dag- mediese uitgawes te kontroleer en fondse te akkumuleer wat nie gebruik word nie. Klik hier dan sal ’n Medihelp-adviseur jou binnekort kontak.

Verwante artikels:

Die verskil tussen netwerkopsies en nienetwerkopsies

Laat jou voordele vanjaar langer hou

Outomatiese hospitaalgoedkeuring via die beveiligde webblad vir lede
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO