Follow the best medical aid in the industry on facebook

Begroet die lente met swier! Deel in die pret by die Medihelp Bike & Tekkie Challenge

  •   by Medihelp
  •   25 Augustus 2016
  •   255 view(s)

Die jaarlikse Medihelp Bike & Tekkie Challenge vind op Saterdag 3 September 2016 in Kuilsrivier plaas. Hierdie plesierige geleentheid word ten bate van die Jan Kriel Skool vir kinders met spesiale leerbehoeftes gehou; bring dus al jou vriende en familie saam (sommer ook die gesin se brak!) en kom geniet ’n bietjie pret in die son terwyl julle hierdie verdienstelike saak ondersteun.

Bergfietsryers kan inskryf vir die 20 km- of 40 km-wedloop al langs die beeldskone roetes in die Bottelary Heuwels-bewaargebied en Zevenwacht Landgoed. Deelnemers kan ook uitsien na ’n komplimentêre ontbytbolletjie wat hulle ná die wedloop kan geniet.

Drawwers kan deelneem aan die 10 km Battle of the Sexes-wedloop, waar vrouedeelnemers ’n voorsprong bo hul manlike eweknieë kry. Die eerste atleet wat die wenstreep oorsteek, man of vrou, wen ’n bonusprys. Alle deelnemers aan die gewilde 5 km-pretdraf word aangemoedig om iets groen aan te trek en só ’n kans te staan om kontantpryse te wen. Jy kan hierdie wedloop saam met jou vierpotige vriende aanpak, en drinkbakke sal langs die roete vir die diere voorsien word.

Die jongspan kan uitsien na wedlope net vir kinders en selfs ’n Nappy Run wat ná die amptelike wedlope gehou word. Alle deelnemers wat vooraf vir hierdie wedloop inskryf, ontvang ’n komplimentêre T-hemp.

Lede van die Medihelp Multisport-klub kan gratis vir die Medihelp Bike & Tekkie Challenge inskryf. Lidmaatskap van die Klub is oop vir almal en lede kry 50% afslag op hul Medihelp-fietsryklere en drafuitrustings. Klik hier vir meer inligting oor die Klub.

Wat kan jy nog verwag op die dag van die wedloop?
Deelnemers kan gerus vanjaar gebruik maak van Medihelp se fotodiens om hul foto’s te laat druk. Neem ’n kiekie van jouself terwyl jy vir die Medihelp Bike & Tekkie Challenge voorberei of op die dag van die wedloop, gebruik #MedihelpBikeTekkie en laat jou foto’s dan gratis druk by ons fotohokkie, om saam te neem huis toe as ’n aandenking van jou reis na ’n fikser jy. Moet dus nie langer wag nie: Begin vandag nog foto’s neem en skep herinneringe!

HealthPrint-lede kan gratis vir die Medihelp Bike & Tekkie Challenge inskryf. Indien jy of jou afhanklikes belangstel, stuur gerus vir ons e-pos na sportclub@medihelp.co.za met die volgende inligting:
  • Naam
  • Van
  • Kontaknommer, verkieslik ’n selfoonnommer
  • Wedloop (draf of fietsry)

Vir meer inligting oor die wedloop en hoe om in te skryf, klik hier. 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO