Follow the best medical aid in the industry on facebook

Bly regdeur die winter gesond

  •   by Medihelp
  •   20 Maart 2017
  •   450 view(s)

Baie Suid-Afrikaners vrees die kouer maande, want dit maak nie net maak op ons braaiweer nie, maar beteken ook dat die aaklige griepvirus ons olik gaan laat voel. Hier is ’n klompie maklike, begrotingsvriendelike wenke om jou te help om regdeur die winter gesond te bly.

Kry ’n griepinspuiting
’n Griepinenting kan jou tot 90% beskerming teen griep bied en kan ook minder ernstige simptome en ’n meer kortstondige siekbed beteken. Dit kan ’n lewensredder vir mense met swak immuunstelsels wees en jou dus help om ’n veel aangenamer winter te hê.

Medihelp sal die koste van die entstof betaal uit jou voordele vir voorkomende sorg, jou spaarrekening of jou dag-tot-dag-voordele, afhangend van jou voordeleopsie. Indien jy die griepinenting by Dis-Chem of Clicks se apteekkliniek kry, betaal Medihelp ook die koste om die inenting toe te dien soos in die reëls van jou voordeleopsie uiteengesit.

Neem ’n goeie multivitamienaanvulling
Vra jou dokter of apteker om ’n multivitamien aan te beveel wat by jou gesondheidsprofiel en lewenstyl pas. ’n Daaglikse aanvulling sal jou immuunstelsel in staat stel om infeksie af te weer. Neem altyd jou aanvulling saam met ’n maaltyd wat ’n bietjie gesonde vet bevat, om jou liggaam te help om dit meer effektief op te neem.

Kry genoeg slaap
Jou liggaam herstel homself en voer noodsaaklike funksies uit terwyl jy slaap. Wanneer jy genoeg slaap, kan hierdie prosesse ongestoord voortgaan en jou liggaam help om infeksies af te weer.

Eet gesond
Alhoewel winterspyskaarte neig om ryker te wees en jy in die versoeking mag kom om daardie ekstra koppie warm sjokolade te drink, sal ’n gesonde dieet jou immuunstelsel beter baat. Eet baie vars vrugte en groete (veral dié wat ryk is aan vitamien C), bly weg van ongesonde vette en beperk jou suikerinname.

Bly aktief
Oefening sal jou immuniteit ’n hupstoot gee en jou help om die kalorieë van die winter se ekstra bederfies te verbrand. Dit stimuleer ook endorfienproduksie wat jou help om positief te bly en winterdepressie te vermy. Benut matige dae deur warm aan te trek en aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Of gaan gimnasium toe as dit jou beter pas. Wat jy ook al doen, mik vir ten minste 30 minute se oefening, drie keer per week.

Jy kan ook by Medihelp MultiSport vir stappers, drawwers en fietsryers aansluit en toegang kry tot oefenwenke, ’n forum om met ander atlete kontak te maak en gratis deelname aan geleenthede wat deur Medihelp geborg word.

Drink baie water
Water stel jou liggaam in staat om ’n magdom metaboliese prosesse uit te voer, dra by tot optimale breinfunksie en help jou niere om gifstowwe uit jou liggaam te spoel.

Was gereeld jou hande
Navorsing het bewys dat gereelde handewas een van die beste maniere is om infeksie te voorkom. Deur die loop van ’n normale dag raak jy aan baie oppervlakke en kom in aanraking met baie mense. Jy het nie altyd ’n keuse om iemand wat griep het, te vermy nie. Deur jou hande gereeld te was kan jy infeksie voorkom. Leer ook om minder aan jou gesig te vat. Wanneer jy aan jou gesig vat dra jy outomaties kieme van jou hande na jou oë, mond en neus oor, wat dan ingange vir virusse word.

Deur ’n bietjie tyd te spandeer om ’n voorraad gesonde kos en aanvullings op te bou en voorkomende maatreëls te tref, sal jy in staat wees om die winter se unieke en snoesige bederwe sonder ’n gesnuif te geniet.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO