Follow the best medical aid in the industry on facebook

Die A tot Z van bloedskenking

  •   by Medihelp
  •   15 Junie 2016
  •   546 view(s)
Dokters en chirurge maak staat op bloedskenking om elke dag lewensreddende en lewensverbeterende behandelings toe te pas.

Waarom moet ek bloed skenk?
Deur ’n eenheid van hierdie “kosbare lewensgeskenk” te gee, kan die lewens red van mense wat dringend bloed benodig. Ons behoort in die gewoonte te kom om bloed te skenk sodat die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) voldoende bloed in voorraad kan hou en verseker dat gehaltebloed altyd beskikbaar is vir pasiënte wat dit in ’n noodgeval benodig. Hoe meer gereeld jy bloed skenk, hoe beter is die kans dat al die elemente van die geskenkte eenheid gebruik sal word.

Hoe werk bloedskenking?
As jy vir die eerste keer bloed skenk, sal jou rooibloedselle nie dadelik gebruik word nie. Jou plasma sal in kwarantyn geplaas word totdat jy weer bloed skenk. Indien al die toetse na jou tweede bloedskenking negatief is, sal die plasma wat na jou eerste skenking in kwarantyn was, ook gebruik word. Dit geld ook indien jy vir ’n ruk lank nie bloed geskenk het nie.

Nadat jy drie keer bloed geskenk het en jou bloed toets steeds negatief vir seksueel oordraagbare siektes, kan al die elemente van jou bloed gebruik word. Jy moet gereeld bloed skenk.

Wat is gereelde bloedskenking?
Mense kan elke 56 dae bloed skenk. ’n Gereelde skenker is iemand wat drie of meer keer per jaar bloed skenk.

Hoe word geskenkte bloed gebruik?
Bloed word gewoonlik in sy drie elemente verdeel sodat dit vir die behandeling van verskillende toestande gebruik kan word. Hierdie elemente is:
• Rooibloedselle – word gebruik om soorte anemie te behandel en bloed te vervang wat weens ’n ongeluk verloor is.
• Plaatjies – word gebruik om beenmurgprobleme te behandel, soos leukemie en mense met bloedstollingsafwykings.
• Plasma – word gebruik om toestande te behandel waar abnormale bloedstolling tot bloeding aanleiding gee, soos lewersiektes, en in gevalle waar groot volumes bloed verloor is.
Geskenkte bloed kan ook gebruik word om die lewens van mense wat terminaal siek is, te verbeter.

Wie het bloedskenkings nodig?
Duisende pasiënte sal elke dag sterf as daar nie voldoende gehaltebloed in voorraad is nie. Deur bloed te skenk, gee jy aan hierdie pasiënte ’n geskenk wat geld nie kan koop nie en wetenskaplikes nie kan skep nie. ’n Eenheid bloed (480 ml) kan tot drie lewens red, want die bloed word verdeel in rooibloedselle, plasma en plaatjies.

Watter bloedgroep is die meeste in aanvraag?
Bloed in die O Rh-negatiefgroep kan aan almal geskenk word, daarom word skenkers met hierdie bloedgroep as “universele skenkers” beskryf. Pasiënte in die O Rh-negatiefgroep kan egter net bloed in dié groep ontvang. Die O-bloedgroep is die veelsydigste en ’n voldoende voorraad bloed in dié groep is noodsaaklik. Indien daar byvoorbeeld nie bloed in die A-bloedgroep beskikbaar is nie, kan bloed in die O-groep gebruik word. Dis egter nodig om te alle tye voldoende voorraad van alle bloedgroepe te hê.

Wat is veilige bloed?
Bloed word as veilig beskou indien toetse vir MIV, hepatitis B & C en sifilis negatief is.

Wie kwalifiseer om ’n bloedskenker te word?
As jy tussen 16 en 65 jaar oud is, meer as 50 kg weeg en veilige seks beoefen, kan jy ’n kliniek besoek en as ’n bloedskenker registreer.

Sluit by Medihelp Mediese Skema aan om jou gesin gesond te hou
Medihelp bied tien verskillende opsies om by jou gesin se mediese behoeftes te pas. As jy hulp benodig om die regte opsie vir jou gesin te kies, gesels gerus met ’n Medihelp-adviseur deur hier te klik en die vorm te voltooi.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO