Follow the best medical aid in the industry on facebook

Die verskil tussen netwerkopsies en nienetwerkopsies

  •   by Medihelp
  •   19 Januarie 2016
  •   253 view(s)
Lidmaatskap van ’n mediese skema is noodsaaklik om te verseker dat jou gesin goeie gesondheid geniet, maar dis baie belangrik om te weet watter opsie die beste in jou behoeftes sal voorsien.

’n Vraag wat dikwels gevra word, is hoe netwerkopsies van nienetwerkopsies verskil. Hier’s wat jy moet weet:

Wat is die verskil?
Netwerkopsies bied gewoonlik meer bekostigbare tariewe as hul nienetwerk-eweknieë. Dis omdat die mediese fonds ’n netwerk aanwys hospitale, klinieke en dokters wat ’n laer fooi hef in ruil daarvoor dat meer pasiënte via die netwerk na hulle gekanaliseer word.  Nienetwerkopsies bied lede gewoonlik die vryheid om enige privaat fasiliteit te gebruik, maar teen ’n hoër tarief.

Wenke wanneer jy ’n netwerkopsie kies:
- Wees vertroud met die terme en voorwaardes van die netwerkopsie en gebruik net verskaffers in die netwerk – anders kan daar van jou vereis word om bybetalings te maak
- Sorg dat jy weet watter prosedure om te volg in geval van verwysings na ’n spesialis
- Vind uit wat die regte prosedure is in ’n noodgeval wanneer daar geen netwerkhospitaal naby is nie
- Bly op hoogte van watter hospitale deel van die netwerk is, aangesien dit deur die loop van die jaar kan verander
- Gaan die opsie se medisyneformularium na en maak seker dat jou medisyne gedek is, om onaangename verrassings te vermy
- Dra altyd jou lidmaatskapkaart saam sodat nooddienstepersoneel weet om jou na ’n netwerkhospitaal te vervoer in ’n noodgeval

Jy is gedek met Medihelp se Dimension Prime-netwerkopsies

Lede van Medihelp se Dimension Prime-reeks geniet tot 22% afslag op hul premies indien hulle ’n netwerkopsie kies, en hulle het toegang tot meer as 100 fasiliteite landwyd. Om meer uit te vind oor ons voordele-opsies, klik hier en voltooi die vorms, en ’n Medihelp-adviseur sal jou kontak.

Verwante artikels:
Generiese vs patente medisyne

Gereelde ondersoeke is noodsaaklik vir goeie gesondheid

Gehalte gesondheidsorg teen ’n bekostigbare prys
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO