Follow the best medical aid in the industry on facebook

Die voordele van ’n sportsklub

  •   by Medihelp
  •   05 April 2016
  •   241 view(s)
Om by ’n sportsklub aan te sluit, is een van die beste dinge wat jy kan doen as jy jou vaardighede wil verbeter. Hier is sewe redes daarvoor:

1. Motivering
Dis meer waarskynlik dat jy sal aanhou oefen indien jy by ’n klub aansluit en jouself omring met ervare, entoesiastiese mense as wanneer jy net op jou eie motivering staatmaak. Deur te sien wat ander atlete bereik wat net soos jy begin het, sal jy geïnspireer wees om aan te hou oefen. Atlete wat in ’n groep hardloop, weet waardeur almal gaan en hoe om mekaar vir die volgende wedren te motiveer.

2. Bestendigheid
Een van die beste maniere om ’n beter atleet te word, is om dit meer gereeld te doen. As jy ’n weeklikse (of selfs daaglikse, in sommige gevalle) oefensessie saam met jou groep het, sal dit verseker dat jy hou by jou oefenprogram – nie net tydens die wedloopseisoen nie, maar ook in die middel van die winter wanneer dit nie so maklik is om die kilometers kaf te draf nie.

3. Aanspreeklikheid
’n sportsgroep hou jou aanspreeklik wanneer jy lus voel om te laat slap lê. As jy weet dat ander mense op jou staatmaak, sal jy sorg dat jy opdaag. Een van die belangrikste redes waarom mense ophou om te oefen, is omdat hulle nie aanspreeklik gehou word nie.

4. Sosiale fasilitering
Sosiale fasilitering is ’n term wat in die sosiale sielkunde gebruik word en beteken “die bevordering van gedrag weens die teenwoordigheid van ander”. Volgens kenners word mense wat in ’n groep oefen, meegevoer deur die tempo sonder dat hulle besef hoe effektief hulle werklik oefen. Dit gebeur omdat jou brein jou aanmoedig om aan te hou terwyl jy op jou eie dalk stadiger sou gaan.

5. Nuwe vriendskappe
Jy sal nuwe mense by die klub ontmoet wat jou passie vir die sport en oefen deel. Sommige van hulle kan lewenslange vriende word wat jou motiveer om jou beste uit te haal en jou help om te oefen.

6. Leer by ander
Om in ’n groep te oefen, is ook ’n uitstekende manier om wenke en kunsies aan te leer om ’n beter atleet te word. Sommige oefengroepe bied formele afrigting of klasse, terwyl ander eenvoudig ’n tyd en ’n plek bied waar jy kan put uit die gesamentlik wysheid van die groep. As jy lank genoeg aanhou, sal al die ervaring wel ’n uitwerking op jou hê. 

7. Veiligheid
Dis baie veiliger om in ’n groep te oefen as op jou eie, want daar is iemand wat kan help of ’n oproep kan maak indien jy beseer word of siek voel. ’n Groep atlete is ook meer sigbaar vir motoriste as individuele atlete.

Sluit vandag nog by die Medihelp MultiSport-klub aan!
Ons nooi jou uit om ook deel te word van die Medihelp MultiSport-klub vir drawwers en fietsryers, wat jou toegang bied tot ’n magdom inligting, insluitend ons weeklikse blog met handige oefennuus, ’n maandelikse klubnuusbrief wat jou op hoogte van wedlope en die klub se aktiwiteite hou, asook afslag op jou klubkleure en wedlope wat deur Medihelp geborg word.
Om 'n lid van die MultiSport-klub te word, klik hier.
 
Verwante artikels:
Wenke vir ’n gelukkiger jy

Sluit aan by ons klub en kom in beweging!

10 redes om by HealthPrint aan te sluit
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO