Follow the best medical aid in the industry on facebook

Dinge om te doen by die Medihelp Sunrise Monster

  •   by Medihelp
  •   28 Februarie 2017
  •   326 view(s)

As jy ’n drawwer is, weet jy klaar wat jy gaan doen op Saterdag 4 Maart 2017 – jy gaan die Medihelp Sunrise Monster op sy 40e verjaarsdagviering aanvat!

Jy sou teen nou reeds vir hierdie epiese monsterslagting begin oefen het, en jy kan seker nie meer wag om saam met honderde geesgenote by die Medihelp-boog aan te tree en met die klap van die afsitterpistool weg te spring in die rigting van die sonsopkoms en te doen wat jy geniet nie: hardloop totdat jou longe aan die brand is en jou spiere protesteer.

Maar daar is ook ’n ander aspek van die wedloop wat drawwers en ondersteuners elke jaar amper netsoveel geniet – die energiebelaaide gees by die arena voor en na die wedloop. Of jy nou beplan om weg te lê aan jou hardloopklub se laatontbyt-energieaanvullers of om vertroosting te vind in ’n paar kaneelpannekoeke, die idee is om moed te skep vir jou dagbreekwedloop en dan te ontspan ná die oggend se genotvolle monsterjag.

Vanjaar kan jy ook ultrakoel buiteluggerei wen om jou aktiewe leefstyl aan te vul, jy kan by Medihelp MultiSport aansluit en jy kan jou krampe op ’n drafstap verlig – als terwyl jy aan ’n pannekoek smul.

Gesoek: Sunrise-selfies!
Neem ’n kiekie van jouself en jou vriende wanneer die son opkom, plaas dit op sosiale media met die hutsmerk #medihelpfun en kry jou eie paar unieke Medihelp-sonbrilletjies sodra jy na die wedloop by die arena aankom.

Ons bied vir jou skuiling
Besoek die Medihelp-stalletjie wanneer jy jou wedloopnommer afhaal en jy staan ’n kans om ’n K-way-driemantent ter waarde van
R1 699 asook ’n Montagu Fruit & Nuts-geskenkpakkie ter waarde van R700 te wen. Terme en voorwaardes geld.


Sluit by Medihelp MultiSport aan
Die energieke Medihelp MultiSport-span sal by die arena wees om jou as ’n nuwe lid te verwelkom. Om aan te sluit, gaan na die Medihelp-stalletjie. Die aansluitingsfooi vir die jaar is R250 en jy kry afslag op eksklusiewe klubdrag asook gratis toegang tot alle wedlope wat Medihelp borg.

Bult gerus jou spiere
Medihelp se voorkeurverskaffer van noodvervoerdienste, Netcare 911, sal by die Medihelp Sunrise Monster teenwoordig wees om jou te help met mediese probleme en/of om van spierkrampe te herstel.

Indien jy nog nie ingeskryf het nie, klik hier of gaan na https://www.medihelp.co.za/af/oor-medihelp/gebeure/monster om vir die 40e Medihelp Sunrise Monster te registreer.

Sien jou daar!
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO