Follow the best medical aid in the industry on facebook

Feite oor listeriose

  •   by Medihelp
  •   22 Maart 2018
  •   590 view(s)

Oorsaak

Listeriose word veroorsaak wanneer jy kos eet wat met Listeria monocytogenes-bakterieë besmet is. Die bakterieë kan in grond, water of plantmateriaal voorkom, en kosprodukte op enige stadium tydens die siklus van voedselproduksie en -verwerking tussen plase en fabrieke besmet.

Simptome van listeriose

Jy kan binne twee dae nadat jy besmette kos geëet het, simptome begin ervaar. Sommige pasiënte het egter eers meer as ’n maand nadat hulle besmette kos geëet het, simptome getoon, wat dit moeilik maak om die bron van infeksie na te spoor. Simptome sluit die volgende in:
  • Koors
  • Hoofpyn
  • Spierpyne
  • Naarheid
  • Braking wat soms deur diarree voorafgegaan is
  • Stywe nek
  • Verwardheid
  • Algemene swakheid
  • Stuiptrekkings
As jy hierdie simptome ervaar, raadpleeg onmiddellik jou dokter.

Diagnose en behandeling

Indien jou dokter vermoed dat jy listeriose onder lede het, sal jy onmiddellik gehospitaliseer word. Monsters van jou bloed en stoelgang sal vir laboratoriumtoetse gestuur word om die diagnose te bevestig, waarna jou dokter ’n kursus antibiotika sal voorskryf. Jy kan moontlik ook ’n binneaarse toediening ontvang om die behandeling te bespoedig. Die meeste pasiënte herstel binne sewe dae nadat hulle met behandeling begin het.

Individue wat ’n hoë risiko loop

Sommige mense loop ’n hoër risiko as ander om listeriose op te doen, byvoorbeeld:
  • Mense met swak immuunstelsels;
  • Ouer volwassenes;
  • Babas; en
  • Swanger vrouens

Voorkoming

Listeria Monocytogenes-bakterieë is veerkragtig aangesien dit souterige toestande en temperature van tot -25 grade Celsius kan weerstaan, wat beteken dat selfs bevrore kos besmet kan word. Dit is daarom wys om hierdie voorsorgmaatreëls te volg wanneer jy kos hanteer:
  • Was jou hande deeglik met seep en warm water voor jy kos hanteer.
  • Skei gaar en rou kos, want die bakterieë van listeriose is uiters sensitief vir hitte.
  • Kook kos deeglik – moenie halfgekookte maaltye voorsit nie en vermy ongekookte kos soos deli-vleis.
  • Bewaar altyd jou kos onder uiterste omstandighede – vries dit of kook dit deeglik.
  • Gebruik skoon water om vrugte en groente mee af te spoel.
  • Gebruik warm water en antiseptiese seep om jou kombuisoppervlakke en alle eetgerei en toerusting skoon te maak.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO