Follow the best medical aid in the industry on facebook

Geestesgesondheid – nie net “alles in jou kop” nie

  •   by Medihelp
  •   03 April 2017
  •   430 view(s)

7 April 2017 is Wêreld Gesondheidsdag. Navorsing het bewys dat meer mense as ooit wêreldwyd aan geestesversteurings ly en daarom plaas die Wêreldgesondheidsorganisasie vanjaar die kollig op geestesgesondheid.

Die vinnige pas en vele uitdagings waarmee die lewe ons konfronteer, eis soms hulle tol in die vorm van geestesvermoeidheid, wat die meeste van ons kan verlig met ’n gunsteling aktiwiteit of deur ons hart uit te praat teenoor ’n vertroueling.

Maar wat gebeur indien jy nie hierdie gevoel kan afskud nie en nie meer jou alledaagse lewe kan baasraak nie? Geestesversteurings kan wissel van matige angstigheid tot algehele morbiede depressie en ’n reeks ander kwale wat net so afbrekend soos ’n fisieke toestand kan wees indien dit nie behandel word nie. Behandeling wissel na gelang van die diagnose en kan terapie, medisyne en/of hospitalisasie insluit.

Eenvoudige wenke vir goeie alledaagse geestesgesondheid
  • Praat daaroor. Bou ’n ondersteuningsnetwerk van geliefdes wat gewillig is om te luister oor ’n koppie koffie. Die wete dat mense vir jou lief is en jou ondersteun, sal jou deur die moeilike tye help.
  • Neem tyd. Begin en eindig jou dag rustig en doen iets wat jou emosionele behoeftes aanspreek, of dit nou meditasie, gebed, ’n stomende koppie tee op die stoep of ’n heerlike warm bad is – sorg net dat jy die tyd neem om jouself te koester.
  • Wees dankbaar. Maak ’n lys van dinge waarvoor jy dankbaar is en wat vreugde aan jou verskaf. Sit dit êrens op waar jy dit elke dag kan sien en voeg gereeld nuwe items tot jou lys by.
  • Geniet die lewe. Probeer om ’n bietjie pret by elke dag te voeg, selfs al is dit net om kaalvoet oor die gras te hardloop met jou troeteldier of jou te verwonder aan ’n kleuter wat borrels blaas.
  • Skakel af. Stel ’n spertyd om e-pos te lees, besigheidsoproepe te beantwoord en jou rekenaar af te sit. Skakel dan letterlik af en ontspan.
  • Kyk mooi na jou gesondheid. Volg ’n gebalanseerde dieet, voeg oefening by jou roetine en gaan jaarliks vir ’n ondersoek by jou dokter. Maak ook seker dat jy genoeg rus.
  • Reik uit. Kyk ’n slag om jou en bied ondersteuning aan vriende en familie wat sukkel om by te hou. Dit sal aan ander wys dat hulle nie alleen is nie, jou selfvertroue ’n hupstoot gee en jou help om goeie verhoudings te bou wat jou toekomstige welstand sal bevorder.
  • As niks werk nie, kry hulp. As dit lyk asof niks jou lus vir die lewe kan terugbring nie, reik uit en kry professionele hulp.

Tekens dat jy dalk professionele hulp moet oorweeg
  • Onttrekking van sosiale interaksie en verlies aan belangstelling in aktiwiteite wat altyd vir jou lekker was
  • ’n Ongewone afname in jou vermoë om normaal in alledaagse situasies te funksioneer
  • Probleme met logiese denke, geheue, konsentrasie en spraak
  • Verhoogde sensoriese sensitiwiteit
  • ’n Gevoel dat jy afgesny is van jouself en jou omgewing
  • Ongewone senuagtigheid en paranoïese gedagtes
  • Drastiese veranderings in jou slaappatrone en aptyt
  • Gemoedskommelings

Indien jy enige of ’n kombinasie van hierdie simptome ondervind en vermoed dat jy aan ’n geestesversteuring ly, bespreek dit met jou huisdokter en vra hom/haar om jou na ’n geestesgesondheidspraktisyn soos ’n sielkundige of psigiater te verwys vir ’n akkurate diagnose en advies oor toepaslike behandeling.

Sal jou mediese fonds betaal vir behandeling?
Jou voordele vir die behandeling van ’n geestesversteuring hang af van jou Medihelp-voordele-opsie. Wanneer jy by Medihelpaansluit, vra jou adviseur om jou te help om ‘n opsie te kies wat jou unieke behoeftes aanspreek. Voltooi asseblief jou besonderhede in die velde onder “kry vandag nog ‘n kwotasie” om met ‘n Medihelp geakkrediteerde adviseur te gesels oor Medihelp se produk aanbieding.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO