Follow the best medical aid in the industry on facebook

Gesondheidswenke wat werk vir besige mense

  •   by Medihelp
  •   22 Februarie 2018
  •   157 view(s)

As jou nuwejaarsvoorneme is om ’n gesonde leefstyl te volg, hoef dit nie baie moeite of geld te kos om daarby te hou nie – jy moet net deurlopend die regte dinge doen. Hier is ons maklike topwenke vir gesondheid en welstand wat jy deel van jou daaglikse roetine kan maak.

Beweeg

  • Sluit aan by Medihelp MultiSport vir drawwers, stappers en fietsryers in Gauteng-Noord. Jou jaarlikse lidmaatskap kos net R250 en jy kry die volgende:
    • Gratis inskrywing vir sportgeleenthede wat Medihelp borg
    • 50% afslag op Medihelp se fietsry- en drafklere
    • ’n Beginnerspak
    • Toegang tot relevante inligting, insluitend ’n gratis maandelikse nuusbrief – besoek https://lifestages.medihelp.co.za/register en volg die instruksies om aan te sluit
  • Verhoog jou hartklop vir 30 minute, 3 keer per week
  • Klim trappe
  • Sluit aan by ’n voetslaanklub
  • Bring tyd in die buitelug deur

Eet gesond

  • Kies onverwerkte kos as jou primêre voedselbron
  • Berei self die meeste van jou etes voor sodat jy weet wat jy eet
  • Eet soveel as moontlik vars, rou vrugte & groente
  • Eet kleurvol – kies vrugte & groente met al die kleure van die reënboog
  • Maak oorwegend gesonde keuses
  • Voeg vesel by jou dieet

Verkwikkende vloeistowwe

  • Drink minstens 6 tot 8 glase water per dag
  • Beperk jou kaffeïeninname
  • Verdun vrugtesap met water sodat jy minder suiker inneem

Beperk

  • Kos wat geraffineerde suiker bevat
  • Alkohol
  • Kaffeïen
  • Sout
  • Versadigde vette
  • Kos wat in vet diepgebraai is
  • Verwerkte kos
  • Stres

Rus

  • Jy het 7 tot 8 ure slaap per nag nodig
  • Volg ’n kalmerende aandroetine wat gesonde slaappatrone sal aanhelp
  • Neem gereelde ruskansies deur die dag sodat jy nie in die aand oormatig gestimuleer of gestres is nie

Organiseer

  • Sluit aan by HealthPrint om jou gesondheid moeitevry te monitor. Besoek https://lifestages.medihelp.co.za/login, klik op“Registreer” en vlog die maklike stappe.
  • Laat jou jaarlikse gesondheidstoetse doen (cholesterol, bloedsuiker, bloeddruk en LMI-meting).
  • Registreer op Medihelp se beveiligde webblad vir lede en kry toegang tot ’n funksie om aanlyn voorafgoedkeuring te versoek, sien besonderhede van jou eise en premies, wysig jou persoonlike besonderhede, en bestuur jou Medihelp-rekenings en -voordele.
  • Indien jy reeds op die beveiligde webblad geregistreer is, laai die Medihelp-app op jou slimfoon af en kry toegang tot ’n e-lidmaatskapkaart, aanlyn voorafgoedkeuring, jou HealthPrint-inligting en ’n funksie om netwerkverskaffers op te spoor. Jy kan die app aflaai by Google Play vir Android-toestelle of by iTunes vir iOS-toestelle.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO