Follow the best medical aid in the industry on facebook

Hipertensie – die hoofoorsaak van voorkombare sterftes in Suid-Afrika

  •   by Medihelp
  •   01 Junie 2018
  •   169 view(s)

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA) het onlangs skokkende statistiek oor hipertensie bekendgemaak – na raming sterf 131 Suid-Afrikaners elke dag weens komplikasies wat deur hipertensie veroorsaak word.

Dié siekte word dikwels die stille moordenaar genoem omdat dit selde simptome het en gevolglik vir jare lank ongediagnoseerd kan wees. Dit is egter ’n dodelike toestand indien dit nie bestuur word nie en is die grootste enkele oorsaak van kardiovaskulêre siekte – ’n ernstige, onomkeerbare harttoestand.

Volgens SAMA is hipertensie die hoofoorsaak van voorkombare siektes weens ’n mediese toestand in Suid-Afrika. Die meeste gevalle wat aangemeld word, is essensiële – of primêre – hipertensie, wat gewoonlik deur ongesonde leefstylgewoontes veroorsaak word. Deur bloot jou leefstyl te verander, kan jy dus voorkom dat jy hipertensie ontwikkel of die toestand bestuur indien jy reeds daaraan ly.

Wat is bloeddruk?

Bloeddruk is die krag of druk waarmee die bloed deur jou bloedvate beweeg. Gesonde bloedvate is soos oop kanale sonder enige obstruksies waardeur die bloed maklik kan vloei.

Wat is hipertensie?

Hipertensie is hoë bloeddruk, wat beteken die krag of druk waarmee die bloed deur die bloedvate vloei, is te hoog. Die wande van die bloedvate word bietjie vir bietjie beskadig deur hierdie turbulente bloedvloei asook deur inflammatoriese reaksies op irritante (soos sigaretrook) en chemiese abnormaliteite in die bloed (soos ’n hoë cholesterol- of bloedsuikervlak) en gevolglik vorm plaak aan die binnewande van die bloedvate. Soos wat materiaal oor tyd aanpak, word die bloedvate nouer en harder, wat die bloeddruk selfs verder verhoog en die toestand vererger. Dié proses het tot gevolg dat al die organe in die liggaam wat suurstofryke bloed van die are benodig, beskadig word.

As hipertensie eers ontwikkel het, is dit onomkeerbaar. Dit kan wel bestuur word en die nadelige gevolge daarvan kan verminder word.

Hoërisikogedrag wat primêre hipertensie kan veroorsaak

  • Rook
  • Hoë cholesterolvlak deur ’n ongesonde dieet veroorsaak
  • Oorgewig, veral indien jy vet om jou middel het
  • Ongesonde eetgewoontes
  • Oormatige alkoholinname
  • Hoë stresvlakke vir lang tydperke aaneen
  • ’n Onaktiewe leefstyl
  • Laat nie gereeld voorkomende gesondheidstoetse soos bloeddrukmetings, cholesteroltoetse en bloedsuikertoetse doen nie

Leefstylkeuses om primêre hipertensie te help voorkom

  • Hou op rook
  • Beperk jou inname van ongesonde vette (soos diervet)
  • Maak onverwerkte kos jou vernaamste voedingsbron – dis rou kos soos vars vrugte en groete, volgraanprodukte, peulvrugte en bone
  • Beperk jou alkoholinname
  • Wees aktief
  • Verminder en/of bestuur jou stresvlakke
  • Beperk jou soutinname
  • Gaan jaarliks vir ’n voorkomende gesondheidsondersoek

Lede van Medihelp se Dimension-reeks van voordele-opsies het toegang tot uitstekende voordele vir voorkomende sorg – insluitend ’n bloeddruklesing – om hulle te help om hul gesondheid te monitor en risiko’s vroegtydig te identifiseer. Klik hier vir ’n kwotasie of om met ’n geakkrediteerde Medihelp-adviseur te gesels.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO