Follow the best medical aid in the industry on facebook

Hou op rook – leer die slegte gewoonte vir altyd af

  •   by Medihelp
  •   31 Mei 2017
  •   623 view(s)

Dis geen geheim dat rook sleg is vir jou gesondheid nie. Hier’s ’n paar wenke om dié gewoonte vir eens en altyd af te leer:

Begin by die BEGIN

Die belangrikste stap is om te besluit om op te hou rook. Sodra jy hierdie besluit geneem het, kan jy BEGIN om die volgende te doen:
B = Bepaal die datum waarop jy gaan ophou rook
E = Erken teenoor familie, vriende en kollegas dat jy beplan om op te hou rook
G = Gee aandag aan die uitdagings wat vir jou voorlê
 I  = Inisieer die proses deur alle sigarette en tabakprodukte uit jou huis, kar en kantoor te verwyder
N = Nader jou dokter vir advies oor hoe om op te hou rook

Kry hulp

Alhoewel daar ’n hele aantal maniere is waarop jy die nikotienonttrekkingsimptome kan hanteer ná jy die rookgewoonte opgegee het, soos elektroniese sigarette en plakkers, is die beste metode om eenvoudig net heeltemal op te hou rook. Die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) waarsku teen die gebruik van elektroniese sigarette, aangesien dit steeds nikotien bevat. ’n Studie deur die Harvard-universiteit se skool vir publieke gesondheid dui ook aan dat nikotienvervangingsterapie (NVT) nie so doeltreffend in die lang termyn is nie.

Volg hierdie 10 wenke om jou te help om die rooklus te oorkom:

Van uitstel, kom afstel
Jou liggaam sal vir jou sê: “Ek wil nog ’n sigaret hê”.
Sê jy dan vir jou liggaam: “Wag nog so 10 minute”, en doen dan iets anders om jou aandag af te lei.

Hou dagboek
Teken jou daaglikse vordering in ’n dagboek aan. Identifiseer die oomblikke in jou lewe wanneer jy na ’n sigaret smag, want dit is wat rook sneller. Die joernaal sal ook as ’n bron van inspirasie dien wanneer jy wil moed opgee.

Bly weg van snellers
Vermy dinge wat jou rooklus aanwakker, soos die reuk van tabak. Moet dus nie jou kollegas vergesel as hulle gaan rook nie en bly weg van die rookarea in restaurante.

Raak besig
Slegs 30 minute se matige oefening daagliks sal jou help om die rookdrang onder beheer te kry. Begin klein – klim trappe in plaas daarvan om hysbak te ry of gaan stap in jou etenstyd. Jy kan ook by Medihelp MultiSport vir drawwers, stappers en fietsryers aansluit, ongeag of jy ’n Medihelp-lid is. Só kan jy kontak maak met ’n gesondheidsbewuste gemeenskap vir daardie ekstra bietjie motivering om jou gesondheidsdoelwitte te haal. As ’n ekstra bonus, sal jy 50% afslag op eksklusiewe MultiSport-klere kry, asook gratis inskrywing vir alle geleenthede wat deur Medihelp geborg word. Klik hier vir meer inligting.

Ontspan
Een van die redes waarom jy rook, is om jou te help om spanning te hanteer, nè? Daag jouself uit om alternatiewe tegnieke aan te leer om spanning te hanteer, soos joga, asemhalingsoefeninge of ’n stokperdjie.

Roep versterkings in
Sluit by HealthPrint aan – Medihelp se gratis aanlyn welstandsprogram wat eksklusief vir Medihelp-lede beskikbaar is. HealthPrint help jou om jou gedrag te monitor en aan te pas om só jou gesondheidsprofiel te verbeter. Die program integreer naatloos met jou voordele-opsie en dus kan ons jou Medihelp-data en die uitslae van gesondheidstoetse wat op voorkomende sorg gemik is, met jou deel. Jy kan ook jou profiel en gesondheidsinligting vaslê en bywerk. Klik hier vir meer inligting.

Kry ’n goeie rede
Skryf die redes neer waarom jy wil ophou rook, soos om jou gesondheid te verbeter of om ’n gesonder omgewing vir jou kinders te skep. Sit dit dan op waar jy dit so dikwels as moontlik kan lees om jou te motiveer.

Hou aan kou
Moenie etes oorslaan nie en eet so gesond as moontlik. As jy lus voel vir ’n sigaret, kou eerder aan suikervrye kougom, rou wortels, neute of springmielies wat sonder vet of olie in die mikrogolf berei is.

Drink water
Drink baie water om jou liggaam te help om van gifstowwe ontslae te raak. Dit verminder onttrekkingsimptome en help jou om vinniger van die rooklus ontslae te raak.

Bly weg van troosmiddels
’n Troosmiddel is iets wat die rookgewoonte vervang, soos om aan lekkergoed weg te lê of vertroosting in alkohol te probeer vind. Jou troosmiddel kan in ’n erger verslawing as rook ontaard. Vind eerder gesonder maniere om jou lus vir ’n sigaret te omseil, soos om te oefen.

Medihelp daag jou uit om jou gesondheid eerste te stel. Hou op rook en laat weet ons gerus watter invloed dit op jou lewenskwaliteit het deur jou resultate op Facebook te deel by “Be healthy with Medihelp”.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO