Follow the best medical aid in the industry on facebook

Junie – Gesondheidsmaand vir Mans

  •   by Medihelp
  •   13 Junie 2017
  •   316 view(s)

Junie is Gesondheidsmaand vir Mans en dis die perfekte tyd om alle mans daaraan te herinner dat voorkoming regtig beter is as genesing as dit by hulle gesondheid kom. Deur ’n eenvoudige gesondheidstoets te doen, kan jy ’n potensiële ernstige gesondheidsrisiko identifiseer voordat dit ’n groot probleem word, en kan jy jou lewenstyl verander om te keer dat jy siek word.

Medihelp se Dimension Prime 3-voordele-opsie bied uitstekende voordele vir voorkomende sorg wat jou help om ’n gesonde lewenstyl te volg. Indien jy die netwerkalternatief kies, kan jy boonop tot 20% op jou maandelikse ledegeld spaar.

Bykomend tot jou kernvoordele bied Dimension Prime 3 bied ook die volgende voordele:

  • ’n Jaarlikse kombinasietoets om jou bloedglukose, cholesterol, LMI en bloeddruk te meet;
  • ’n Jaarlikse prostaattoets (PSA-vlak) vir mans ouer as 40;
  • Jaarlikse griepimmunisering;
  • ’n MIV-toets (nie patologietoets nie) en vrywillige berading vir alle bevoordeeldes; en
  • ’n Document-Based Care-rugbehandelingsprogram (DBC) per bevoordeelde per jaar by ’n DBC-fasiliteit (onderhewig aan protokolle en voorafgoedkeuring).

Het jy geweet?

  • Prostaatkanker is die algemeenste soort kanker onder Suid-Afrikaanse mans.
  • Indien dit vroeg gediagnoseer word, het jy ’n 98%-kans om vir langer as vyf jaar te leef.
  • Alle mans ouer as 50 behoort jaarliks ’n PSA-toets te laat doen. Indien jy ’n familiegeskiedenis van prostaatkanker het, behoort jy die PSA-toets van 45 jaar af te laat doen.

Wat is ’n PSA toets?

Dis ’n eenvoudige bloedtoets wat die konsentrasie van prostaatspesifieke antigeen (PSA) in jou bloed bepaal. Dit is tans die primêre toetsmetode vir prostaatkanker.

Wenke vir uitstekende gesondheid

  • Gaan vir jou jaarlikse gesondheidstoetse.
  • Volg ’n gesonde dieet en matige oefenprogram.
  • Hou op rook en beperk jou alkoholinname.
  • Hanteer stres op gesonde maniere.
  • Slaap genoeg.
  • Skep bewustheid. Deel hierdie inligting met al die mans wat jy ken.

Medihelp wil jou bystaan op jou reis na goeie gesondheid en welstand. Klik hier om meer oor ons reeks van voordele-opsies uit te vind.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO