Follow the best medical aid in the industry on facebook

Laat jou voordele vanjaar langer hou

  •   by Medihelp
  •   28 Januarie 2016
  •   259 view(s)
Dis ’n nuwe jaar, wat beteken dat jou mediese fonds nuwe voordele beskikbaar het of dat daar weer volop fondse in jou spaarrekening is, maar dit beteken nie dat jy dié voordele vroeg in die jaar onverantwoordelik moet gebruik sodat jy later met min of geen fondse sit nie.

Die Raad vir Mediese Skemas (CMS), wat die medieseskemabedryf reguleer, maan lede in ’n onlangse persverklaring om hul voordele oordeelkundig te gebruik.

Daniel Lehutjo, waarnemende uitvoerende hoof en registrateur van die CMS, sê noudat lede besluit het om op hul bestaande opsies te bly of na ander opsies te skuif, moet hulle die versoeking weerstaan om al hul voordele in die eerste paar maande van die jaar te gebruik, sodat hulle nie later in die jaar sonder dekking sit wanneer dit die nodigste is nie.

“Ons doen ’n beroep op lede om hul mediese fonds se voordele oordeelkundig te gebruik en dit oor die jaar te versprei. Gebruik jou algemene praktisyns om jou sorg te koördineer en bespreek enige gesondheidsorgbehoeftes en -probleme vir die jaar met hom.”

Lehutjo sê voorts dat lede nie hul voordele moet gebruik om sonbrille, multivitamiene of ander leefstylitems oor die toonbank te koop nie. Hy raai lede aan om hul dokters te versoek om formulariummedisyne voor te skryf (medisyne wat skemas vir spesifieke toestande befonds). ’n Formularium bestaan gewoonlik uit generiese middels wat heelwat goedkoper is maar net so doeltreffend soos die duurder alternatiewe is.

Hy moedig lede ook aan om gebruik te maak van die voorkomende toetse wat hul skemas bied. “Lede moet ook registreer op die toepaslike bestuursprogramme vir chroniese siektes waaraan hulle ly, om te verseker dat hul toestande gemonitor word en dat hulle die nodige sorg ontvang,” verduidelik Lehutjo.

Die CMS se wenke om uitgawes uit jou eie sak te voorkom:
• Vra jou mediese skema wie die aangewese verskaffer is van die dienste of produkte wat jy benodig.
• As jy geopereer moet word, vra jou chirurg watter kodes hy gaan hef. Dit sal prosedurekodes insluit asook die kodes vir enige ander produk wat nodig is, bv. inwendige prosteses wat gebruik sal word.
• Bespreek jou mediese fonds se tarief met jou chirurg en onderhandel oor die tarief wat hy gaan hef.
• Kontak jou mediese skema en vra of die spesifieke soort produk ten volle betaal sal word. Indien nie, sorg dat jy weet hoeveel jy uit jou eie sak sal moet betaal.
• Indien moontlik, soek vir verskaffers van mediese dienste wat jou die beste kopie bied, bv. apteke of oogkundiges wat spesiale aanbiedings het.
• Bepaal of daar enige tekorte is en maak planne om dit te betaal.
• Kry vooraf goedkeuring vir prosedures soos in jou mediese skema se reëls bepaal.

Sluit vandag by Medihelp Mediese Skema aan
Dis maklik om by Medihelp aan te sluit – gesels met ’n Medihelp-adviseur wat al ons opsies aan jou sal verduidelik, jou sal help om die regte een te kies en jou met die aansoekproses sal bystaan. Klik hier dan sal ’n Medihelp-adviseur jou binnekort kontak.

Verwante artikels:
Die verskil tussen netwerkopsies en nienetwerkopsies

Generiese vs patente medisyne


Gehalte gesondheidsorg teen ’n bekostigbare prys

Bron: CMS advice on making benefits last longer 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO