Follow the best medical aid in the industry on facebook

Mans: Tref voorkomende sorg op enige ouderdom

  •   by Medihelp
  •   08 Junie 2016
  •   339 view(s)
Dis welbekend dat die meeste mans nie juis besorg is oor hul eie gesondheid nie, en waar moontlik sal hulle belangrike gesondheidstoetse oorslaan of ’n besoek aan die dokter heeltemal vermy.

Mans behoort egter gereeld mediese ondersoeke by hul dokters te kry, selfs al voel hulle gesond. Een van die beste dinge wat ’n man vir sy gesondheid kan doen, is om die regte toetse op die regte tye te laat doen. Gesondheidstoetse bespeur siektes vroegtydig, voordat simptome ontwikkel en wanneer dit makliker is om te behandel.

BELANGRIKE GESONDHEIDSTOETSE
Prostaatgesondheid
Indien die risiko’s wat met die prostaat verband hou vroegtydig bespeur word, kan dit lewens red. Vra jou dokter om jaarliks vanaf 50 jaar ’n prostaatspesifieke antigeentoets (PSA-toets) en ’n digitale rektale ondersoek te doen.

Mans met ’n hoë risiko, soos mans wie se eerstegraadse bloedverwant (pa, broer of seun) op ’n jong ouderdom (jonger as 65) met prostaatkanker gediagnoseer is, behoort op 45 jaar met toetsing te begin.

Abdominale aorta-aneurisme
As jy tussen 65 en 75 jaar oud is en 100 of meer sigarette in jou leeftyd gerook het, behoort jy eenmalig vir ’n abdominale aorta-aneurisme (AAA) getoets te word. AAA is die uitstulping van die abdominale aorta, die grootste bloedvat in die liggaam. Indien ’n AAA bars, kan dit gevaarlike bloeding en dood veroorsaak.

’n Ultraklankondersoek, ’n pynlose prosedure waar jy op ’n tafel lê terwyl ’n tegnikus ’n mediese toestel oor jou abdomen beweeg, sal wys of ’n aneurisme aanwesig is.

Kolonkanker
Jy moet vanaf 50 jaar vir kolorektale kanker getoets word. Indien jy ’n familiegeskiedenis van kolorektale kanker het, mag dit nodig wees om vroeër met toetsing te begin. Daar is verskillende soorte toetse beskikbaar om hierdie kanker op te spoor. Vra jou dokter watter een die beste vir jou sal werk.

Diabetes
Jy moet vir diabetes (hoë bloedsuiker) getoets word indien jy hoë bloeddruk het of medisyne daarvoor neem
Diabetes kan probleme met jou hart, brein, oë, voete, niere, senuwees en ander liggaamsdele veroorsaak.

Hoë bloedcholesterol
Indien jy 35 jaar of ouer is, moet jy gereeld jou bloedcholesterol laat toets deur ’n bloedtoets te doen. Hoë cholesterol verhoog die kans van hartsiektes, beroerte en swak bloedsomloop.

Gesels met jou dokter of ’n verpleegster oor cholesteroltoetste en begin daarmee wanneer jy 20 jaar oud is indien:
• Jy rook
• Jy oorgewig of vetsugtig is
• Jy aan diabetes of hoë bloeddruk ly
• Jy ’n geskiedenis van hartsiekte of verkalkte are het
• ’n Man in jou familie voor die ouderdom van 50 ’n hartaanval geval het, of ’n vrou voor 60 jaar

Vetsug
As jy oorgewig of vetsugtig is, het ’n jy groter kans om diabetes, kardiovaskulêre siektes, hoë bloeddruk en talle soorte kanker en ander gesondheidsprobleme te ontwikkel.

Laat gereeld jou liggaamsmassa-indeks (LMI) meet om vir vetsug te toets. Die LMI meet die vet in jou liggaam volgens jou lengte en gewig. Indien jy oorgewig of vetsugtig is, raadpleeg jou dokter oor maniere om gewig te verloor.

Depressie
Indien jy in die laaste twee weke “af” of wanhopig gevoel het of geen belangstelling getoon het in die dinge wat jy gewoonlik geniet nie, gesels met jou dokter oor depressie. Depressie kan behandel word.

VOORKOMENDE GESONDHEIDSMAATREËLS
Jou algemene gesondheid word bepaal deur faktore soos jou ouderdom, familiegeskiedenis en persoonlike gewoontes. Jy het dalk nie beheer oor jou ouderdom of familiegeskiedenis nie, maar jy kan sekere stappe doen om jou persoonlike gewoontes aan te pas ter wille van voorkomende sorg.

Die volgende is enkele spesifieke stappe wat jy kan doen om siektes te voorkom:
• Volg ’n gesonde dieet. Jou dieet behoort normaalweg min sout en vet te bevat. Dit moet heelwat vesel insluit, veral vrugte en groente.
• Maak tyd om te oefen. Oefening is ’n voorkomende maatreël vir byna enige belangrike gesondheidsprobleem. Volwassenes moet in die algemeen mik om 30 tot 40 minute se volgehoue oefening drie tot vyf keer per week te kry.
• Dra sonskerm. Vermy langdurige blootstelling aan die son en gebruik sonskerm om die risiko van velkanker te verlaag.
• Laat gereeld jou oë en tande ondersoek. Gereelde oogondersoeke is ’n puik manier om jou visie te beskerm. Tandheelkunde-ondersoeke is belangrik om gesonde tande en tandvleis te verseker. Die gevaartekens van talle siektes wat die hele liggaam affekteer, kan boonop in en om die mond manifesteer.
• Beperk jou inname van alkohol en kaffeïen. Jy behoort nie meer as 60 ml sterk drank daagliks in te neem nie.
• Vermy tabak. Die negatiewe gevolge wat tabak vir jou gesondheid het, is welbekend. Een van die belangrikste oogmerke van ’n program vir voorkomende sorg is om nie te rook nie.
• Veilige seks. Gebruik latekskondome om seksueel oordraagbare infeksies te voorkom. Veilige seks moet deel van enige volwassene se program vir voorkomende sorg wees.

Sluit by Medihelp Mediese Skema aan om jou gesin gesond te hou
Medihelp bied tien verskillende opsies om by jou gesin se mediese behoeftes te pas. As jy hulp benodig om die regte opsie vir jou gesin te kies, gesels gerus met ’n Medihelp-adviseur deur hier te klik en die vorm te voltooi.

Verwante artikels:
Rook kan jou mediese fonds uitput

Wenke vir ’n gelukkiger jy

Gereelde ondersoeke is noodsaaklik vir goeie gesondheid


Bronne: www.ahrq.gov, www.clevelandclinic.org, www.webmd.com, www.everydayhealth.com
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO