Follow the best medical aid in the industry on facebook

Mediese dekking allermins ‘n onnodige uitgawe

  •   by Medihelp
  •   07 Maart 2017
  •   317 view(s)

Wanneer die ekonomie nie so goed vaar nie en alles van kos tot skooluitstappies jou beursie tot sy uiterste rek, begin almal kyk na maniere om uitgawes te beperk.

Ons begin gewoonlik deur duur vakansies af te skaal en minder onnodige inkopies te doen. Soms oorweeg mens dit selfs om sonder mediese dekking klaar te kom en jy sê vir jouself dis net vir ‘n klein rukkie tot jou begroting weer klop. Jy smoor die bekommerde stem in jou agterkop met die argument dat jy en jou gesin in die afgelope jaar skaars die dokter nodig gehad het. Jy dink dalk jy kan tans nie mediese dekking bekostig nie, maar is dit werklik so duur?

Om by Medihelp aan te sluit kos dalk minder as wat jy aanvanklik gedink het.

Jy kan byvoorbeeld by Medihelp se Dimension Prime 1 netwerk-opsie aansluit vir so min as R1 260 per maand, wat gelykstaande is aan Saterdagaand se vleisbraai-uitgawe. Hierdie opsie bied ’n bekostigbare oplossing vir gesonde mense wat die gemoedsrus van omvattende hospitaaldekking wil hê. Dimension Prime is tans een van die mees gewilde produkte en bied ook ruim versekerde voordele vir voorkomende sorg en swangerskap asook ‘n klein gepoelde dag-tot-dag-voordeel vir daardie lastige verkoues.

Moet jy skielik in ‘n hospitaal opgeneem word, kan dit jou duisende kos. Die gemiddelde koste vir ‘n algemene drie-dag hospitaalopname kan meer as R20 000 beloop. Dis nie ‘n bedrag wat jy sommer agter enige bossie kan uitskop wanneer die nood druk nie.

En as dit tyd word vir tersiêre studies bied Medihelp se Necesse-opsie ‘n oplossing vir studente teen dieselfde prys as ‘n tenk petrol teen slegs R438 per maand met omvattende mediese dekking binne en buite die hospitaal by ‘n netwerk van gehalteverskaffers.

Hierdie is slegs twee van die opsies wat Medihelp beskikbaar het. Ander opsies sluit die nuwe gewilde Unify-spaaropsie in wat binne die eerste jaar na sy bekendstelling reeds een van Medihelp se voorste verkopers geword het.

Daar is 10 keuses met verskillende voordele en pryse in die Medihelp produkreeks beskikbaar. Sluit vandag by Medihelp aan en geniet gemoedsrus oor jou familie se welstand. Klik hier om vandag nog ‘n kwotasie te kry. Voltooi slegs jou besonderhede aanlyn en ‘n Medihelp geakkretiteerde geakkrediteerde adviseur sal jou kontak en help om ‘n opsie te kies wat jou sak en gesondheidsbehoeftes netjies sal pas.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO