Follow the best medical aid in the industry on facebook

Medihelp daag jou uit om ’n verskil te maak op Mandeladag

  •   by Medihelp
  •   18 Julie 2017
  •   392 view(s)

Elke jaar op 18 Julie vier mense regoor die wêreld Madiba se verjaarsdag deur aan Mandeladag deel te neem. Hierdie liefdadigheidsveldtog behels dat jy ’n skrale 67 minute van jou tyd spandeer om by te dra tot ’n projek wat ’n verskil in jou gemeenskap sal maak.

Jy hoef nie ’n fortuin te spandeer of die wêreld te deurkruis om ’n verskil te maak nie. Hier is ’n paar idees:
  • Sluit aan by ’n voedingskema wat ’n tehuis vir hawelose mense of ’n kerk in jou gemeenskap bedryf. Spandeer jou 67 minute deur mense te voed wat nie die luukse van gereelde maaltye het nie.
  • Besoek ’n dierebeskermingsorganisasie soos Wetnose of die DBV en help die personeel om die diere wat vir aanneming wag te bad, vir ’n stappie te neem of met hulle te speel.
  • Raak betrokke by jou plaaslike ouetehuis. Neem bordspeletjies soos Scrabble en ’n voorraad snoepgoed saam en spandeer ’n genoeglike middag saam met die inwoners.
  • Kontak kinderhuise in jou gemeenskap en vind uit watter tipe bystand hulle benodig. Organiseer ’n veldtog om die items in te samel of help met die nodige instandhouding van hulle persele.
  • Skenk bloed.
  • Skenk geld vir ’n goeie doel.
  • Laat jou stem hoor om weerlose mense of diere te help beskerm. Teken ’n petisie teen geweld/stroping/mishandeling – wat ook al na aan jou hart lê.
  • Skenk tyd en vaardighede. Vra plaaslike skole, klinieke of kerke oor take op hulle doenlysies en skenk jou tyd en vaardighede om hulle te help om dit gedoen te kry. Betrek jou vriende en maak dit ’n spanpoging.
  • Besoek jou area se polisiestasie, brandweerstasie of paramediese sentrum en neem vir hulle ’n warm maaltyd en ’n dankie-brief van die gemeenskap om hulle vir hul onbaatsugtige diens te bedank.
  • Neem tyd om alles wat jy nie gebruik nie uit jou huis te verwyder en skenk dit aan ’n hospies se winkel.
  • Spandeer tyd met bejaarde bure en help hulle met takies wat hulle nie meer self kan doen nie.
  • Trakteer ’n kinderhuis op ’n dag by die dieretuin of ’n piekniek in ’n park.
  • Laai troeteldierkos en komberse by jou plaaslike DBV-tak af.
  • Wees dapper en verbind jouself vir ’n jaar tot ’n goeie saak, soos om weekliks vrywillig by ’n sopkombuis te werk of maandeliks tot ’n reddingsorganisasie by te dra.

Gebruik jou 67 minute as ’n geleentheid om jou verhouding met familie en vriende te koester. Doen as ’n groep iets betekenisvol vir die gemeenskap en eindig die dag deur saam ’n maaltyd te geniet.

Onthou ook om na jou gesin se welstand om te sien. Klik hier om met ’n geakkrediteerde adviseur oor Medihelp se reeks voordele-opsies te gesels.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO