Follow the best medical aid in the industry on facebook

Medihelp se premiestyging en beter voordele vir 2018 bevestig stabiliteit en waarde

  •   by Medihelp
  •   20 Desember 2017
  •   287 view(s)

Medihelp mediese skema, een van die grootste mediese skemas in Suid-Afrika wat sy eie administrasie behartig, het ’n geweegde gemiddelde ledegeldstyging van 7,6% vir alle opsies vir 2018 aangekondig, met verskeie voordeleverbeterings en geen afskaling in voordele nie. Dis daarop gemik om meer waarde, groter buigsaamheid en keuse vir lede te bied.

Medihelp fokus die afgelope drie jaar reeds daarop om stabiliteit te behou, deurlopend meer waarde toe te voeg en om ’n mededingende produkreeks wat vertroue inboesem aan Medihelp-lede en die mark te bied. Die skema het een van die laagste premiestygings vir 2018 aangekondig, wat toegeskryf kan word aan ’n merkbare verbetering in gebruikstendense, beter retensie van kliënte, netto organiese groei danksy ’n geïntegreerde bemarking- en verkopestrategie met ’n mededingende produkaanbieding wat deur adviseurs ondersteun word, asook doeltreffende gesondheidsbestuursinisiatiewe.

Medihelp se tien opsies is ontwerp om by verskillende leefstyle en gesondheidsprofiele te pas. Dit sluit in die Dimension Prime 1-hospitaalplan wat uiters mededingend is en ’n gewilde keuse bly vir mense wat ’n bekostigbare gesondheidsorgoplossing soek. Dié opsie bied aan byna 49 000 lewens die versekering dat hulle gedek is vir privaat hospitalisasie en sekere dag-tot-dag- mediese uitgawes. Die opsie bied ook voordele vir 12 swangerskapkonsultasies, twee 2D-sonars en twee konsultasies vir babas bo en behalwe die ander versekerde voordele vir voorkomende sorg. Lede betaal 22% minder aan premies indien hulle die netwerkalternatief kies, wat in 2018 uit 108 gehalte privaat hospitale sal bestaan.

Medihelp het twee spaarrekeningopsies. Dimension Prime 2 bied ‘n nienetwerk-opsie en ’n netwerkalternatief met ‘n 22% laer premie en gebruik dieselfde hospitaalnetwerk as Dimension Prime 1. Die opsie bied ook versekerde voordele vir voorkomende sorg. Dimension Prime 2 sal in 2018 ’n 15%-spaarrekening bied en buiten die versekerde voordele vir voorkomende sorg sal die voordele vir swangerskapkonsultasies verhoog van ses na agt.

Medihelp se ander innoverende Unify-spaaropsie is in 2016 bekendgestel en het ’n 25%-spaarrekening wat rente verdien en ruim dekking vir ander mediese uitgawes bied. Buiten ‘n nuwe voordeel vir dieetkundiges is Unify se bestaande voordele vir voorkomende sorg ook uitgebrei om in 2018 bykomende versekerde voordele te bied vir griep- en tetanusinentings.

Dimension Prime 3 is Medihelp se vlagskip-opsie en is een van net ’n paar opsies in sy klas wat kon groei ten spyte van die skuif na basies opsies in die mark. Die opsie bied ook ’n netwerkalternatief teen 20% laer ledegeld. Die opsie se versekerde dag-tot-dag voordele is ook aangepas vir 2018 met die kombinering van voordele om groter waarde en buigsaamheid te bied.

Met Medihelp se Dimension Prime-opsies betaal lede net vir die eerste twee kinders jonger as 18 jaar ledegeld en geniet die res gratis dekking. Kinders betaal ook die ledegeld vir kinderafhanklikes totdat hulle 26 jaar oud is op die Dimension-reeks en die Unify-opsie.

Medihelp bied ook ’n inkomstegebaseerde netwerkopsie, Necesse, wat omvattende dekking deur ’n netwerk van verskaffers bied. Voltydse studente kan deur aan te sluit by Necesse mediese dekking bekom teen minder as R500 per maand.

Medihelp gee aan sy lede die versekering van 112 jaar se ervaring en die gemoedsrus dat hulle deel is van een van die grootste oop mediese skemas in Suid-Afrika, met ’n AA- gradering deur Global Credit Rating toegeken vir sy eisebetalingsvermoë en ’n solvensievlak bo 28% wat die vereiste vlak van 25% oorskry. Medihelp-lede se dienservaring het ook met 2,6% verbeter soos blyk uit Consulta se onlangse kliëntetevredenheidsopname vir 2017.

Met ‘n kompeterende produkreeks, finansiële stabiliteit en goeie diens sien Medihelp uit na die uitdagings wat 2018 bied.

As jy belang stel in kompeterende mediese dekking, klik hier. Vul jou kontakbesonderhede aanlyn in en ‘n Medihelp geakkrediteerde adviseur sal jou kontak en help om ‘n voordele-opsie te kies wat jou beursie en gesondheidsorg behoeftes sal pas.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO