Follow the best medical aid in the industry on facebook

Medihelp se topwenke vir 'n veilige vakansie

  •   by Medihelp
  •   27 Maart 2018
  •   193 view(s)

Die langnaweke en eerste skoolvakansie van die jaar lê net om die draai. Vir gemoedsrus en sodat jy jou vakansie kan geniet, maak seker dat jy voorberei is vir noodgevalle.

Goed voorbereid

As mens betroubare mediese dekking het, is gemoedsrus op die lang pad so te sê gewaarborg. Oorweeg dit om by ’n hoog aangeskrewe mediese skema met ’n landswye voetspoor aan te sluit om toe te sien dat jy altyd toegang tot uitstekende gesondheidsorgdienste het. Dit is veral in noodgevalle van groot waarde.

Medihelp het 10 voordeleopsies wat verskillende lewenstadiums, begrotings en gesondheidsbehoeftes dek.

Klik hier vir ’n kwotasie of gesels met ’n geakkrediteerde adviseur oor Medihelp se pasgemaakte mediese dekking wat alles oor jou gaan.

Goed toegerus

  • Maak seker dat jou voertuig padwaardig is en die basiese noodtoerusting het wat deur padveiligheidsregulasies voorgeskryf word.
  • Besoek jou plaaslike apteek en vra hulle hulp om ’n basiese noodhulpstel bymekaar te sit. Die meeste apteke verkoop stelle wat reeds saamgestel is.
  • Onthou om altyd jou chroniese medisyne saam te neem, asook medikasie vir voedsel- en ander allergieë.
  • Water moet altyd deel van jou reistoerusting wees sodat almal behoorlik gehidreer bly.
  • Neem gereelde blaaskansies langs die pad om uit te rus en te kyk of jou voertuig dalk aandag nodig het. Gaan jou voertuig se banddruk, brandstofvlak, ligte, remligte, flikkers, water en olie na. Die voorruit moet ook skoongemaak word.

Goed beveilig

Voordat jy die pad aanpak, maak seker dat jy eers alle veiligheidsaspekte dek:
  • Wees bewus van wie jou mediese skema se gekontrakteerde nasionale nooddiens is. Bêre die nommer van die nooddiens op jou selfoon en plaas die noodplakkers op jou voertuig se agter- of syruite sodat die korrekte ambulansdiens in ’n noodgeval gekontak kan word. Medihelp-lede het toegang tot Netcare 911 se dienste en ’n nood-toepassing wat hulle GPS-koördinate na hul noodkontakte en ’n alarmsein na Netcare 911 se kontaksentrum stuur wanneer dit geaktiveer word.
  • Gee jou reisplan aan ’n betroubare vriend of familielid en stem ooreen oor inkloktye wanneer jy sekere stilhouplekke of bestemmings langs die pad bereik. As jy nie betyds inklok nie, kan hierdie persoon jou kontak en as jy nie antwoord nie, kan hulle die nooddienste attent maak op jou laaste inklok-inligting en die sein van jou selfoon.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO