Follow the best medical aid in the industry on facebook

Noodsaaklike voorkomendesorgvoordele vir vrouens

  •   by Medihelp
  •   10 Augustus 2016
  •   305 view(s)

Alhoewel vrouens baie soortgelyke gesondheidsrisiko’s as mans loop, is daar ook bepaalde gesondheidsaspekte waaraan vrouens aandag moet skenk. Om hierdie risiko’s te beperk moet vrouens bewus wees van hulle gesondheid en seker maak dat hulle die noodsaaklike voorkomende sorg ontvang.

Niemand ken jou liggaam beter as jy nie. Luister dus na wat jou liggaam jou vertel. As jy iets vreemds opmerk, bv. kortasemigheid, ’n verandering in velkleur, ’n ongewone uitslag of skielike gewigsverlies of -toename, moet jy jou gesondheidsorgpraktisyn raadpleeg.

Nie alle gesondheidsprobleme het egter fisiese simptome nie en dis waarom dit noodsaaklik is om jou gesondheidsorgpraktisyn vir mediese siftings en ’n fisiese ondersoek te raadpleeg. Toetse van toepassing op jou lewenstyl, ouderdom, familiegeskiedenis en enige gesondheidskwessies wat spesifiek met jou verband hou, sal uitgevoer word.

Belangrike siftings vir vrouens


Borskanker
’n Mammogram (X-straal van die borste) sal geneem word om vir borskanker te toets en enige moontlike gewasse op te spoor wat te klein is om met die hand te voel. Die vroeë opsporing van borskanker sal behandeling vergemaklik. Mammogramme is veral belangrik vir vrouens met ’n geskiedenis van borskanker in hulle familie.

Servikale kanker
Vanaf 21-jarige ouderdom moet ’n vrou minstens elke drie jaar ’n Papsmeer laat doen. ’n Papsmeer word uitgevoer om vir kanker te toets en abnormale selveranderinge te vind voordat enige selle na servikale kanker vorder.

Bloedglukosetoets
’n Bloedglukosetoets word meestal gebruik om tipe 1-diabetes, tipe 2-diabetes en swangerskapsdiabetes vas te stel. Die toets meet die hoeveel glukose, jou liggaam se hoofbron van energie, in jou bloed. Die suiker in jou bloed word deur insulien beheer. As jy liggaam nie genoeg insulien produseer nie, sal die suiker in jou bloed toeneem en jou vatbaar vir orgaanskade maak. Jou bloedglukosevlak kan ook te laag wees; hierdie toestand word hipoglisemie of bloedsuikertekort genoem. Lae bloedsuiker kan tot komplikasies oor die lang en kort termyn lei.

Cholesteroltoets
’n Cholesteroltoets word deur jou gesondheidsorgpraktisyn uitgevoer om ‘goeie’ en ‘slegte’ cholesterol en trigliseriede in jou bloed te meet. Jou liggaam het cholesterol nodig om behoorlik te funksioneer, maar te veel cholesterol kan lei tot ernstige gesondheidskwessies soos hartsiektes, beroerte en verstopte are. Vrouens moet teen 45-jarige ouderdom roetine-cholesteroltoetse laat doen. Om veilig te wees, laat jou cholesterol elke vyf jaar vanaf die vroeë ouderdom van 20 toets, of jaarliks indien jy enige ander gesondheidsprobleme soos hoë bloeddruk of diabetes het.

Beendigtheidstoets
’n Hoë persentasie vrouens, veral ouer vrouens, ly aan osteoporose. Hierdie siekte veroorsaak dat bene swakker en brosser word. ’n Beendigtheidstoets sal bepaal of jy ’n hoër risiko loop om jou bene te breek deur die digtheid van beenminerale (kalsium) te toets.

Die toets vir liggaamsmassa-indeks (LMI)
Hierdie toets word uitgevoer om te bepaal of jy oortollige liggaamsvet het. Jy kan ’n aanlyn berekenaar gebruik om jou te help om jou gewigstatus te meet, maar vir meer omvattende gewigstoetse moet jy jou gesondheidsorgpraktisyn besoek. Oorgewig kan tot verskeie gesondheidsprobleme lei, insluitend diabetes en kardiovaskulêre siekte.

Swangerskaptoetse
Elke vrou hoop dat sy ’n maklike swangerskap sal hê en die meeste van die tyd verloop swangerskappe sonder enige probleme vir die moeder en kind. Voorkomende maatreëls voor en na jou swangerskap is egter van uiterste belang.

As jy voornemens is om swanger te raak, gesels met jou dokter. Hy of sy sal enige risiko’s of bronne van kommer oor bestaande mediese toestande, jou familie se mediese geskiedenis, nodige medikasie, ens. vasstel.

Jy sal ook gedurende jou swangerskap vir opvolgbesoeke moet gaan om jou en jou baba se gesondheid te evalueer.


Neem beheer oor jou gesondheid


Alhoewel voorkomende sorg noodsaaklik vir vrouens is, is ’n gesonde lewenstyl ewe belangrik. Sorg dat jy ’n gesonde gewig handhaaf, fisies aktief bly, gesonde kos eet, enige rokery vermy en jou alkoholinname beperk.

As jy nie aan ’n betroubare mediese skema behoort nie, moet jy probeer om so spoedig moontlik by een aan te sluit. Medihelp is ’n bekostigbare mediese skema in Suid-Afrika wat mediese dekking en hospitaalvoordele vir vrouens van alle ouderdomme aanbied. Medihelp-lede het ook toegang tot HealthPrint, ’n gratis aanlyn gesondheidsprogram.

Vir verdere inligting, lees:

https://www.medihelp.co.za/af/blog-artikel/voorkoming-is-regtig-beter-as-genesing
http://www.webmd.com/cancer/cervical-cancer/cervical-cancer-exams-and-tests
http://www.healthline.com/health/cholesterol-test

Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO