Follow the best medical aid in the industry on facebook

Nuusflits: Medihelp Mediese Skema aangekondig as borg met Naamgewingsregte vir Stellenbosch Fietstoer

  •   by Medihelp
  •   28 Oktober 2016
  •   279 view(s)

(14 Oktober 2016, Kaapstad) Die organiseerders van die Stellenbosch Fietstoer kondig met opwinding aan dat Medihelp Mediese Skema die nuwe borg met naamgewingsregte vir hierdie gewilde byeenkoms is. Hierdie nuus is vandag gedeel deur David Bellairs, Direkteur Borgskap, Bemarking en Media van die Kaapstad Fietstoer Trust (CTCTT), die organiseerders van die byeenkoms.

“Ons is verheug om Medihelp aan boord te verwelkom, met onmiddellike ingang,” het Bellairs gesê.

Medihelp is een van die top oopgestelde mediese skemas in Suid-Afrika wat meer as 198 000 lewens dek, en Bellairs glo daar is sterk sinergie tussen die filosofieë van Medihelp en die Stellenbosch Fietstoer. “Hulle meet deurlopend hul kliënte se ervarings en gebruik die uitslae van daardie metings om ’n dieper insig te kry oor hoe om beter aan verwagtinge te voldoen,” het hy gesê. “By die CTCTT streef ons voortdurend om ons byeenkomste op grond van ryers se terugvoer te verbeter.”

Medihelp se Hoofbeampte, Heyn van Rooyen, sê Medihelp is trots om met só ’n hooggeagte byeenkoms op die fietsrykalender vereenselwig te wees.

“Medihelp Mediese Skema het ’n nasionale voetspoor van lede, en die ondersteuning van geleenthede wat ’n gesonde en aktiewe leefstyl bevorder lê by die kern van Medihelp se borgskapstrategie. Dis waarom die Stellenbosch Fietstoer so geskik is,” sê Van Rooyen.

Die Medihelp Stellenbosch Fietstoer, soos dit vorentoe bekend sal staan, is die Wes-Kaap se tweede-grootste padfietsry-byeenkoms en die 2016-weergawe sal die finale belangrike keuringsgeleentheid vir die 40ste Kaapstad Fietstoer (wat op 12 Maart 2017 plaasvind) wees.

Die Medihelp Stellenbosch Fietstoer sal op Sondag, 4 Desember plaasvind en Hoërskool Stellenbosch sal weereens as gasheer optree. Die 97-kilometer roete behels ongeveer 1 285 meter se opdraande, met die Nuwe Helshoogte-pas wat die grootste steilte is en kort na die wegspring voorlê. Sodra Helshoogte agter die rug is, word die roete rollend dog vinnig en die Boland se pragtigste natuurskoon tussen wynlande en berge wag op die ryers. ’n Vinnige tyd kan dus aangeteken word en dis ook ’n geleentheid om keuring vir die Kaapstad Fietstoer te verbeter.

Inskrywings vir die 2016-wedren open Dinsdag, 18 Oktober om 1nm. Om in te skryf, besoek www.stellenboschcycletour.co.za. Inskrywingsgeld is R320 vir PPA-lede en R350 vir nie-PPA-lede

Om op hoogte van verwikkelinge met die Medihelp Stellenbosch Fietstoer te bly, sluit aan by hulle Facebook-blad by www.facebook.com/stellenboschcycletour of volg hulle op Twitter by @StellenboschCT.

Vir nadere inligting oor Medihelp Mediese Skema, besoek www.medihelp.co.za.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO