Follow the best medical aid in the industry on facebook

Oorleef die 2016 Medihelp Sunrise Monster

  •   by Medihelp
  •   08 Februarie 2016
  •   213 view(s)
Die 39e jaarlikse Medihelp Sunrise Monster vind vanjaar op Saterdag 5 Maart 2016 by die Harlequin-klub in Totiusstraat, Groenkloof, Pretoria plaas.

Die roete vir die wedlope oor 32 km en 10 km asook die 5 km-pretdraf kronkel deur die pragtige Groenkloof Natuurreservaat, op en af met die heuwels van Monument Park, en is vir menige professionele atleet ’n uitdaging wat hulle eenvoudig moet aanpak.

Die wedloop staan bekend as die grootste 10 km-padwedloop in Gauteng-Noord en as een van die beste voorbereidingswedlope vir die Comrades Marathon.

Medihelp se hoofbeampte, Heyn van Rooyen, sê alhoewel die wedloop berug is vir sy steil op- en afdraandes, kan dit tog oorwin word as jy vooraf daarvoor oefen by jou klub.

“Om fiks en gesond te wees, is deel van die Medihelp MultiSport-klub se kernwaardes, en ons is dus baie opgewonde om aan te kondig dat ons klublede gratis aan die Medihelp Sunrise Monster kan deelneem!”
Van Rooyen sê voorts dat lidmaatskap van die Klub oop is vir enigeen en dat lede 50% afslag op hul Medihelp-fietsry- en drafuitrustings kry.

“Ons verwag om vanjaar selfs nog meer gesinne in groen uitrustings te sien, gereed om die berugte Monster te verslaan.”

Lees meer oor die Medihelp Sunrise Monster op Medihelp se gebeureblad.
Klik hier om aanlyn te registreer.

Wat kan jy nog verwag op die dag van die wedloop?

Neem ’n foto en vat dit huis toe
Medihelp se fotohokkie by die wedloop sal vanjaar beter as ooit wees. Neem ’n foto van jouself terwyl jy vir die Medihelp Sunrise Monster voorberei of op die dag van die wedloop, plaas dit op sosiale media deur die hutsmerk #MedihelpMonster te gebruik en druk jou foto’s gratis by ons fotohokkie tydens die wedloop, as ’n aandenking van jou reis na ’n fikser jy. Moet dus nie wag nie: Begin nou al kiekies neem en skep herinnerings!

Gaan groen
Dra iets groen en word raakgesien op die dag van die wedloop, en jy kan een van twee gelukkige pryse ter waarde van R1 000 wen!

Komplementêre T-hemde vir alle atlete wat die wedloop voltooi
Gratis T-hemde word uitgereik aan alle geregistreerde atlete wat die wedloop voltooi (terwyl voorraad hou en beskikbaarheid van groottes word nie gewaarborg nie).

ER24
Deelnemers kan gerus wees dat hulle in veilige hande is, want Medihelp se voorkeurverskaffer van noodvervoerdienste, ER24, sal by die Medihelp Sunrise Monster teenwoordig wees om bystand te verleen met enige mediese noodgeval wat mag opduik.
Skakel bloot vir ER24 by 084 124 in ’n mediese noodgeval tydens die wedloop.

HealthPrint-lede neem gratis deel
Om fiks en gesond te wees, vorm deel van HealthPrint en die Medihelp MultiSport-klub se kernwaardes. Daarom is ons baie opgewonde om aan te kondig dat HealthPrint en MultiSport-lede gratis aan die Medihelp Sunrise Monster kan deelneem!

Om in te skryf, teken aan op jou HealthPrint of MultiSport-profiel, klik op die Medihelp Sunrise Monster-skakel en bespreek jou inskrywing. Gaan haal dan op 5 Maart vanaf 04:00 jou wedloopnommer af by die Medihelp MultiSport-klub se gazebo by die wedloop.

Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO