Follow the best medical aid in the industry on facebook

Outomatiese hospitaalgoedkeuring via die beveiligde webblad vir lede

  •   by Medihelp
  •   14 April 2016
  •   233 view(s)

As deel van ons strewe om ’n beter ervaring aan lede te bied wanneer hulle met ons skakel, het ons ’n outomatiese goedkeuringsproses vir jou gerief ontwikkel. Jy kan nou dadelik elektronies goedkeuring vir hospitalisasie kry vir verskeie prosedures, 24 uur per dag, sewe dae per week.

Belangrik
• Alle hospitaalopnames, insluitend opnames in psigiatriese fasiliteite, moet vooraf goedgekeur word. Behandelingsprotokolle en gevallebestuur sal verseker dat jy in die mees gepaste fasiliteit behandel word. Dit geld ook vir opnames in subakute fasiliteite of hospiese, as alternatief vir hospitalisasie. 
• Lede van ons netwerkopsies moet sorg dat hulle in ’n netwerkhospitaal opgeneem word sodat die opname vir voordele kwalifiseer. 
• Noodopnames hoef nie vooraf goedgekeur te word nie, maar wel op die eerste werkdag ná die opname. Jy kan ook op jou tablet of slimfoon voorafgoedkeuring vir hospitaalopnames versoek deur die Medihelp-app te gebruik. Jy sal per SMS of e-pos terugvoer op jou versoek ontvang. 
• Hoewel daar geen oorhoofse jaarlikse limiet vir hospitalisasie is nie, kan prosedurespesifieke bybetalings en maksimum voordelebedrae (limiete) van toepassing wees, afhangende van jou voordele-opsie.

Standaard prosedures wat tans deur e-goedkeuring op die webblad gedek word:
• Adenoïdektomie 
• Appendektomie 
• Besnydenis 
• Cholesistektomie 
• Dilatasie en kurettasie 
• Gastroskopie 
• Histerektomie 
• Histeroskopie 
• Intra-uteriene toestelle 
• Keisersnee 
• Kolonoskopie 
• Laparoskopie 
• Miomektomie 
• Miringotomie 
• Normale geboorte 
• Sisto-uretroskopie 
• Sterilisasie 
• Tonsillektomie 
• Vasektomie

Volg dié maklike stappe: 
1. Teken aan op die beveiligde webblad vir lede, www.medihelp.co.za, deur “Lede” by “Teken in” te kies. 
2. Klik op “Voorafgoedkeuring”. 
3. Kies “Hospitaalvoorafgoedkeuring”.

Voltooi dan die besonderhede van jou opname en dien in. Jy benodig net die prosedure- en ICD10- kodes wat jou dokter voorsien het. Jy sal binne sekondes besonderhede van die voorafgoedkeuring per SMS of e-pos ontvang, asook ’n e-pos met ’n verwysingsnommer ter bevestiging. Kyk gerus na ’n video oor hospitalisasie of lees die pamflet hieroor op Medihelp se webtuiste by www.medihelp.co.za.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO