Follow the best medical aid in the industry on facebook

Rook kan jou mediese fonds uitput

  •   by Medihelp
  •   16 Mei 2016
  •   335 view(s)
Rokers is meer geneig tot langdurige gesondheidsprobleme. Hulle is daarom ook meer geneig om hul mediese fonds se voordele uit te put as gesonder lede wat nie rook nie.

Rook word verbind met ’n reeks ernstige siektes, insluitend die volgende:

Kardiovaskulêre siekte
Rook verhoog die risiko van kardiovaskulêre siekte (siektes van die hart of bloedvate) want dit beskadig die wande van die bloedvate, wat tot gevolg het dat cholesterol en ander vette in die are aanpak en plaak vorm wat die are vernou, blokkeer of verhard. Dit kan in enige van die liggaam se bloedvate plaasvind, van die bene tot die hart of die brein, en staan bekend as aterosklerose, of die verharding van die are.

Gevorderde aterosklerose kan lei tot ’n hartaanval, beroerte, perifere arteriesiekte, aortiese aneurisme, demensie by ouer mense, en skielike dood.

Respiratoriese siektes
Rook is ’n hoofoorsaak van chroniese obstruktiewe lugwegsiekte – of COLS – ’n toestand wat sowel chroniese brongitis as emfiseem insluit.

Rook vererger ook die simptome van asma en kan selfs asma veroorsaak by sommige adolessente en volwassenes.

Mense wat rook, het voorts ’n hoër risiko vir tuberkulose, pneumokokkale longontsteking, influensa en ander infeksies wat gewoonlik die longe betrek.

Daar is ook ’n verband tussen rook en idiopatiese pulmonêre fibrose, ’n baie ernstige longsiekte wat lei tot letselvorming, verdikking en verharding van longweefsel.

Kanker
Sigaretrook bevat meer as 7 000 giftige chemikalieë, waarvan 69 bekend is as oorsake van kanker.

Rokers is meer geneig om kanker te ontwikkel as nierokers, veral long-, keel- en mondkanker, wat selde by nierokers voorkom.

Daar is ’n duidelike verband tussen rook en longkanker:
• 90% van alle longkankergevalle ontstaan weens rook.
• Slegs 0,5% van mense wat nooit gerook het nie, sal longkanker ontwikkel.
• Een uit tien matige rokers en soveel as een uit vyf swaar rokers (meer as 15 sigarette per dag) sal aan longkanker sterf.
• Hoe meer sigarette jy per dag rook en hoe langer jy rook, hoe hoër is jou risiko vir longkanker. Die risiko neem ook toe as jy die rook dieper intrek en reeds op ’n jong leeftyd begin rook.

Deur te rook, is jou kans om mondkanker op te doen vier keer groter as wanneer jy nie rook nie. Kanker kan op verskillende plekke in die mond ontwikkel, veral op of onder die tong of op die lippe.

Ander tipes kanker wat algemeen by rokers voorkom, is:
• blaaskanker
• slukdermkanker
• nierkanker
• pankreaskanker
• servikskanker

Sien om na jou gesin se gesondheid – sluit by Medihelp aan!
Neem beheer van jou eie en jou gesin se gesondheid deur vandag nog by Medihelp mediese skema aan te sluit. Klik bloot hier en voltooi die vorm, waarna ’n adviseur jou sal kontak.

Verwante artikels:

Laat jou voordele vanjaar langer hou

Wenke vir ’n gelukkiger jy

Die voordele van ’n sportsklub


Bronne: www.netdoctor.co.uk, www.livestrong.com
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO