Follow the best medical aid in the industry on facebook

Sommige monsters bestaan regtig

  •   by Medihelp
  •   23 Februarie 2017
  •   390 view(s)

Die Medihelp Sunrise Monster is almal se gunsteling ondier. Ons sien uit daarna, ons oefen daarvoor, geniet dit en beplak sosiale media met bewyse van hoeveel pret dit was.

Maar soms plaas die lewe ’n regte monster op ons pad. En soos almal weet, kan ’n mens nie ’n monster alleen aanvat nie: Dit verg ’n hele gemeenskap om hom te verslaan, want saam is ons sterker. Ervaring het bewys dat die mens se moed en weerstandsvermoë floreer wanneer ’n gemeenskap hul kragte saamsnoer, en ons het nou juis so ’n geleentheid.

Danie Brink, hoof van Solidariteit Helpende Hand, en sy gesin was op 16 Desember 2016 in ’n motorongeluk betrokke. Hulle het twee van hul kinders verloor terwyl Danie se vrou Lise ernstig beseer is. Lise se een been moes geamputeer word en sy het onlangs met die moeisame herstelproses begin. Danie hoop om eendag saam met Lise aan ’n wedloop deel te neem, maar daarvoor benodig sy ’n spesiale, duur pasgemaakte kunsbeen.

Om fondse vir Lise se prostese in te samel, gaan Solidariteit aan die Medihelp Sunrise Monster deelneem met hul Hardloop vir Lise-inisiatief. Susan Lombaard van Solidariteit se Maroela Media sal aan die 5 km-wedloop deelneem en jy kan haar borg om só tot die fondsinsameling by te dra.

Klik hier of teken aan op https://www.backabuddy.co.za/champion/project/susan-for-hardloopvirlise om jou bydrae aanlyn te beloof.

Hoe kan jy deelneem?
  • Skryf in vir die wedloop en registreer as ’n deelnemer vir Lise om fondse in te samel. Klik hier om in te skryf en hier om e-pos te stuur waarin jy versoek om as deelnemer vir Lise te registreer.
  • Indien jy nie ’n drawwer is nie maar graag ’n bydrae wil maak, klik hier.
  • Sê vir jou vriende van die inisiatief en verwys hulle na die webblad: http://hardloopvirlise.co.za/

Alle donasies en borgskappe sal deur die Back a Buddy-webblad gekoördineer word.

Al wat ons nou nog hoef te doen, is om ons gewig te gooi by hierdie poging en te hardloop vir Lise sodat Lise weer kan hardloop.
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO