Follow the best medical aid in the industry on facebook

Toets jou wedloopuithouvermoë by die medihelp sunrise monster

  •   by Medihelp
  •   09 Februarie 2018
  •   298 view(s)
Medihelp Sunrise Monster 2018


Op Saterdag 3 Maart 2018 gaan duisende atlete aantree om hulle uithouvermoë by die 41ste Medihelp Sunrise Monster te toets. Die wedloop sal weereens aangebied word deur die Harlequin-klub in Totiusstraat, Groenkloof, Pretoria.

Die geleentheid sal soos gewoonlik in alle buitelug- en drafgeesdriftiges se behoeftes voorsien, met die berugte 32 km Monster – ’n Comrades-voorbereidingswedloop – asook die 10 km Mini Monster en die 5 km Baby Monster-pretdraf. Meer as 2 000 atlete het reeds ingeskryf om die Monster aan te vat.

Die skilderagtige roete en uitdagende aard van die Medihelp Sunrise Monster lok nie net ernstige atlete van alle ouderdomme nie maar ook pretdrawwers wat bloot ’n bietjie oefening saam met vriende en familie wil inkry. Padwedlopers is goed bekend met die wedloop, wat ’n reputasie het as ’n uitdagende, dog bevredigende ervaring. Bekendes soos die veelvuldige Two Oceans- en Comrades-wenner Caroline Wöstmann, die veelvuldige Comrades-wenner Alan Robb en die legendariese Bruce Fordyce het al aan dié wedloop deelgeneem.

Inskrywingsbesonderhede

Besoek https://www.medihelp.co.za/af/oor-medihelp/gebeure/monsterom 'n inskrywingsvorm af te laai. Voorafinskrywings sluit op 28 Februarie 2018 en sal ook by www.entrytime.co.za of een van die volgende deelmemende winkels aanvaar word:

Run-a-way Sport Tel: 012 361 3733
Run-a-way Sport Tel: 012 665 0048
The Natural Runner, Bylsbridge Promenade, Centurion Tel: 061 430 8972
The Sweat Shop
South Downs
Tel: 012 665 0048

Lede van HealthPrint en Medihelp MultiSport kan gratis inskryf!

Gratis inskrywing is maklik as jy ’n lid is van HealthPrint of Medihelp MultiSport. Teken bloot aan op jou HealthPrint-profiel of jou MultiSport-profiel, klik op “Medihelp events” end an op die Medihelp Sunrise Monster logo om jou inskrywing the bespreek. Jy kan jou wedloopnommer dan op die dag van die wedloop gaan afhaal by die Medihelp MultiSport-gazebo by die wedloopterrein.

Alle Medihelp Sunrise Monster-deelnemers ontvang die volgende:

  • ’n Wedloopmedalje; en
  • n Eksklusiewe T-hemp ter herdenking, terwyl voorrade hou.

Vir meer inligting oor die Medihelp Sunrise Monster, besoek https://www.medihelp.co.za/af/oor-medihelp/gebeure/monster en aanvaar die uitdaging saam met jou familie en vriende.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO