Follow the best medical aid in the industry on facebook

Vier ’n gesonde Vrouedag!

  •   by Medihelp
  •   09 Augustus 2017
  •   502 view(s)

Ons vier elke jaar op 9 Augustus Vrouedag deur erkenning te gee aan die vroue wat ons respekteer en bewonder. Hierdie vieringe kan wissel van ’n eenvoudige e-pos om die supervroue in jou lewe te bedank vir hulle ondersteuning, tot ’n hoë-oktaangeleentheid kompleet met toesprake en geskenke.

Wat jy ook al hierdie jaar gaan doen, onthou om al die vroue wat jy ken te herinner om na hulle kosbaarste bate om te sien – hul gesondheid.

Lê ’n gesonde fondasie
  • Evalueer jou eetgewoontes en maak klein, maar beduidende veranderings soos om jou suiker- en alkoholinname te beperk.
  • Maak 30 minute se aktiwiteit deel van elke dag. Dit verbeter jou gemoedstoestand en help met gewigbeheer.
  • Kry genoeg slaap. Die meeste volwassenes het 6 tot 8 ure per nag nodig.
  • Drink water. Jou liggaam het dit nodig om die meeste van sy funksies uit te voer.
  • Kompenseer vir stres deur genotvolle ervarings, soos ’n stokperdjie of ’n kuiertjie saam met goeie vriende.

Kyk mooi na jou gesondheid
  • Laat jaarliks gesondheidstoetse by jou apteek of kliniek doen. Dit is noodsaaklik omdat die vroeë diagnose van ’n siekte jou lewe kan red. Talle siektes het aan die begin geen simptome nie.
  • As jy twyfel oor jou dieet, gesels met ’n gekwalifiseerde voedingkundige om te verseker dat jy in al jou liggaam se huidige behoeftes voorsien.
  • Kry die nodige inentings en maak seker dat enige chroniese behandelings nog toepaslik is.
  • Gaan tandarts toe vir ’n jaarlikse ondersoek, selfs al ervaar jy geen probleme nie.
  • Bou ’n vertrouensverhouding met jou dokter. Indien jy ooit in ’n noodgeval mediese behandeling moet ontvang, sal jou dokter ’n akkurate geskiedenis van jou gesondheid kan verskaf en dit kan jou lewe red.

Noodsaaklike roetine-ondersoeke vir vroue
Die basiese aanbevole ondersoeke word hieronder gelys en jy kan dit eis van die voordele vir voorkomende sorg wat Medihelp jou bied, afhangende van jou voordele-opsie. Jou dokter of klinieksuster kan jou ook verwys vir ander ondersoeke en/of toetse, na gelang van jou omstandighede.
  • Bloeddrukmeting
  • Cholesteroltoets
  • Diabetestoets
  • Tandheelkundige ondersoek
  • Oogondersoek
  • Fisieke ondersoek. Jou algemene praktisyn of plaaslike klinieksuster kan dit uitvoer. Hy/sy sal jou liggaamsmassa-indeks (LMI) bereken, jou uitvra oor jou lewenstyl, gemoedstoestand, rook- en drinkgewoontes en ’n algemene gesondheidsondersoek doen.
  • Bekkenondersoek en papsmeer om vir servikskanker te toets. Hierdie toets behoort die eerste keer uitgevoer te word binne drie jaar nadat jy seksueel aktief raak of teen die ouderdom van 21 en moet jaarliks herhaal word.
  • Borsondersoek. Selfs al doen jy gereeld selfondersoeke, moet jy jou borste jaarliks vir kanker laat ondersoek, veral as jy ’n familiegeskiedenis van borskanker het. Jou ginekoloog kan hierdie ondersoek saam met jou bekkenondersoek doen. Hy/sy kan jou ook vir ’n mammogram verwys.

Koester goeie gesondheid
  • Sluit aan by HealthPrint, Medihelp se gratis aanlyn welstandsprogram eksklusief vir Medihelp-lede. Jy kan jou gesondheidsinligting en -profiel op HealthPrint vaslê en gereeld bywerk om jou reis na goeie gesondheid te monitor.
  • Sluit aan by Medihelp MultiSport vir stappers, drawwers en fietsryers. MultiSport-lede kry 50% afslag op hulle MultiSport-klere en gratis inskrywing vir alle geleenthede wat deur Medihelp geborg word.

Gee jouself hierdie Vrouedag die geskenk van gemoedsrus deur te sorg dat jou gesondheid voorkeur geniet. Jy kan terselfdertyd sommer al die vroue in jou lewe inspireer om dieselfde te doen sodat jy nog vir baie jare lank die geskenk van hulle vriendskap kan geniet.

Medihelp wil jou bystaan op jou reis na goeie gesondheid en welstand. Klik hier om meer oor ons reeks van voordele-opsies uit te vind.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO