Follow the best medical aid in the industry on facebook

Wees gesond by die werk met Medihelp

  •   by Medihelp
  •   10 Julie 2017
  •   302 view(s)

Jy jaag elke oggend om betyds te wees vir werk en jy sal middagete óf oorslaan óf sommer gou ’n pastei by die kantien kry en dit afsluk terwyl jy ’n verslag tik wat ure gelede al ingehandig moes wees. Jy het elke dag ’n energiedrankie nodig om jou deur die middag te kry en jou seer lyf hou jou snags uit die slaap.

Die meeste kantoorwerkers worstel met breinmoegheid, wat vererger word deur slegte eetgewoontes en te min oefening. Medihelp het raad om die probleem te verlig sonder om ’n fortuin te spandeer of ingrypende lewenstylveranderings te maak.

Volg gesonde eetgewoontes

  • Eet ’n lae-GI-ontbyt soos hawermout of volgraanbrood met eiers vir volgehoue energie;
  • Vermy die kantoor se kantien en pak eerder vir jou ’n gesonde middagete in met ’n lae-GI-stysel, vars vrugte en groente, en laevet proteïen;
  • Drink ten minste ses tot agt glase water daagliks om breinfunksie te ondersteun en moegheid te help vermy;
  • Hou by gesonde peuselhappies soos vrugte en neute; en
  • Eet jou middagete weg van jou lessenaar af.

Beweeg meer

  • Sluit by Medihelp MultiSport vir hardlopers, stappers en fietsryers aan vir daardie ekstra bietjie fiksheidsmotivering deur ’n gemeenskap van gesondheidsentoesiaste – klik hier vir meer inligting;
  • Gaan stap in jou etenstyd; en
  • Ontspan elke drie ure vir 10 minute lank, staan op van jou stoel en strek jou spiere.

Handhaaf die regte sitpostuur

  • Jou rekenaar se monitor behoort ’n armlengte van jou af te wees en op ooghoogte te wees;
  • Hou jou polse op die lessenaar vir ondersteuning en jou hande gelyk met of net onder elmboogvlak;
  • Jou knieë behoort gelyk met jou heupe te wees;
  • Jou rug en die agterkant van jou dye behoort deur jou stoel ondersteun te word; en
  • Hou jou skouers ontspanne.

Kyk mooi na jou algemene gesondheid

  • Gee jou immuniteit ’n hupstoot met ’n jaarlikse griepimmunisering.

Ander gesonde gewoontes

  • Was jou hande gereeld om te keer dat virusse versprei;
  • Maak vensters oop en laat vars lug sirkuleer;
  • Hanteer stres op gesonde maniere soos deur te oefen;
  • Leer goeie tydbestuur aan en wees georganiseerd sodat jy betyds huis toe kan gaan en jou stresvlakke kan beheer;
  • Gaan gereeld badkamer toe;
  • Stel elke dag ’n spertyd wanneer jy tegnologie afskakel en ontspan; en
  • Volg elke aand vir ’n uur voor slaaptyd ’n ontspanningsritueel, soos ’n warm bad en asemhalingsoefeninge, om te verseker dat jou brein ontspanne genoeg is om jou te laat slaap.

Jy kan ook met ’n geakkrediteerde Medihelp-adviseur gesels vir hulp om die perfekte voordele-opsie vir jou gesondheidsorgbehoeftes te kies.
 
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO