Follow the best medical aid in the industry on facebook

Wenke vir ’n gelukkiger jy

  •   by Medihelp
  •   17 Maart 2016
  •   211 view(s)
Weet jy hoe om gelukkig te wees of wag jy dat geluk na jou toe moet kom? In teenstelling met die stories in feëverhale gebeur geluk nie wonderbaarlik vanself nie. Dis trouens nie iets wat met jou gebeur nie, maar iets wat jy self kultiveer. Hier is sewe maniere om ’n gelukkiger lewe te lei:

1. Bring tyd buite deur
Mense wat naby groen ruimtes woon, ervaar gewoonlik beter geestesgesondheid. Deur selfs net na prentjies van die natuur te kyk, word dele van die brein gestimuleer wat met geluk, positiwiteit en emosionele stabiliteit geassosieer word. As jy tyd in die natuur deurbring, word jy ook aan sonlig blootgestel, wat jou liggaam help om vitamien D te vervaardig. Lae vlakke van hierdie voedingstof word verbind met depressie, dus kan dit jou opbeur deur ’n bietjie son op jou lyf te kry (so min as 15 minute per dag).

2. Sweet ’n slag
Deur tyd in te ruim vir ’n gereelde fiksheidsessie verseker jy meer as net ’n sterk, gespierde liggaam. Fisieke aktiwiteit help jou liggaam om proteïene – bekend as teenliggaampies – te vervaardig wat siektes beveg, en dit help jou brein om endorfiene vry te stel. Terwyl teenliggaampies jou gelukkig hou deurdat dit keer dat jy siek word, verbeter endorfiene as goedvoel-hormoon jou bui deur gevoelens van euforie te bevorder. Dis dus geen verrassing nie dat navorsing bevind het gereelde fisieke aktiwiteit kan tot blywende geluk aanleiding gee.

3. Kry baie voedingstowwe in
Die voedingstowwe wat jy inneem, verbeter nie net jou fisieke welstand nie maar ook jou geestesgesondheid. Navorsers het die hoogste vlakke van geluk en geesteswelstand geïdentifiseer by mense wat daagliks baie groente en vrugte eet. Laai dus jou bord vol goeie kos en begin die reis na ’n gelukkiger lewe.

4. Kry ’n nuwe stokperdjie
Dis nie net geestelik stimulerend en prettig om ’n nuwe vaardigheid aan te leer nie, maar dit kan ook tot groter geluk lei, sê die kenners. Dis omdat jy voel dat jy iets bereik en meer selfvertoue het wanneer jy ’n nuwe vaardigheid bemeester. Dit behoort jou te oortuig om tog daardie Franse klasse te loop wat jy nog altyd wou, of te leer hoe om ’n musiekinstrument te bespeel.

5. Raak ontslae van jou negatiewe gedagtes
Sommige mense word oorweldig deur hul negatiewe gedagtes en sukkel om daarvan ontslae te raak. Volgens onlangse studies kan jy jou negatiewe gedagtes afskud deur dit op ’n stuk papier neer te skryf en die papier dan te vernietig. Daar word aanbeveel dat jy die papier opskeur, in die asblik gooi of dit verbrand. Die aksie om jou gedagtes weg te gooi, help om die giftige effekte daarvan te verminder. Sielkundiges beveel aan dat jy dit gereeld doen.

6. Moenie jou skoonheidslapie vergeet nie
As jy nie genoeg slaap kry nie, raak jy meer negatief. Dis wat navorsers bevind het nadat verskeie eksperimente uitgevoer is. In een eksperiment het hulle gefokus op die hippokampus, die deel van die brein wat ons positiewe gedagtes verwerk. Indien ons te min slaap kry, begin hierdie funksie agteruitgaan en tree negatiewe gedagtes sterker as voorheen na vore.

7. Wees elke dag dankbaar
Dis ’n goeie manier om geluk te bou deur elke oggend wanneer jy wakker word aan die dinge te dink waarvoor jy dankbaar is. Navorsing oor die brein het bewys dat ons neig om op negatiewe aspekte te fokus: bekommernisse, tragedies, mislukkings en ongelukkigheid. Negatiwiteit word ons uitgangspunt, en daarom moet ons fokus op positiewe dinge en dinge waarvoor ons dankbaar behoort te wees.

Jonk en avontuurlustig? Verseker jou goeie gesondheid met Medihelp Mediese Skema
Medihelp het ‘n reeks opsies wat dekking aan jou bied – insluitend ‘n hospitaalplan met dag-tot-dag-dekking van net R 1 134 per maand. Klik hier as jy wil hê ’n Medihelp-adviseur moet jou kontak met meer inligting.

Verwante artikels:
Gehalte gesondheidsorg teen ’n bekostigbare prys

Vyf nuttige apps wat jou gesonder hou

Laat jou voordele vanjaar langer hou


Bronne: www.greatist.com, www.lifehack.org
Load more comments
Thank you for the comment! Your comment will be displayed to others, once it has been approved.
New code
comment-avatar

 

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO