Medihelp MultiSport
Die Medihelp MultiSport-klub is die ideale spanmaat as jy dit geniet om saam met 'n groep vriende te draf, fiets te ry of te stap. Die klub is by Atletiek Suid-Afrika geregistreer en ondersteun jou die hele jaar by verskillende gebeure, insluitend die Comrades-marathon en die 94.7-fietswedren. Enigiemand kan deelneem, ongeag of hulle ’n Medihelp-lid is.
Hoe om aan te sluit
Besoek die HealthPrint-webtuiste en klik op Registreer.

Alles joune wanneer jy aansluit
Vir net R320 per jaar ontvang jy die volgende:
- Gratis toegang tot Medihelp-geborgde gebeure.
- Afslag op fietsry- en drafklere met die Medihelp-handelsmerk.
- ’n Klub-beginnerspakket.
- Gereelde nuus oor wat in die bedryf aangaan, insluitend ’n gratis maandelikse nuusbrief direk na jou inboks.

Wie kan aansluit?
Drawwers wat in die Gauteng-Noord-streek woon en fietsryers regoor die land is welkom om by Medihelp Multisport aan te sluit. Jy kan jou Atletiek Suid-Afrika (ASA)-draflisensie deur die klub koop, en ons sal jou ook help om by ASA te registreer.
Om vir Medihelp MultiSport te registreer, klik hier.

Kom kuier by ons gazebo
Die Medihelp MultiSport-gazebo word trots opgeslaan by sekere byeenkomste waar jy lekker verversings kan geniet. Die lys van byeenkomste word in die maandelikse nuusbrief gekommunikeer, beskikbaar op die Medihelp MultiSport-webtuiste.