Follow the best medical aid in the industry on facebook

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO

’n Verskeidenheid van keuses

Ons 10 produkte maak voorsiening vir verskillende prys- en gesondheidsorgbehoeftes, en wissel van ’n uiters bekostigbare hospitaalplan en twee spaarplanopsies tot opsies wat meer omvattende versekerde voordele bied. Om die regte mediese dekking vir jou profiel te kry, gesels met ’n geakkrediteerde adviseur.

’n Verantwoordelike keuse

As een van die grootste oop mediese skemas in Suid-Afrika wat met meer as ’n eeu se ervaring spog, is Medihelp ’n verantwoordelike keuse as gesondheidsorgvennoot.

Deur doeltreffende koste- en risikobestuursinisiatiewe te kombineer, kan ons ’n stabiele produkaanbieding verseker en ons volhoubaarheid handhaaf.

Geïndividualiseerde diens

Medihelp het diensplatforms ontwikkel wat by ons lede se unieke profiel pas. Lede het toegang tot aanlyn dienste op ons beveiligde webblad en app, of hulle kan ons oproepsentrum bel en ons hoofkantoor of streekkantore besoek vir persoonlike diens. Medihelp se belangegroepe skakel gereeld met ons op die gewildste sosiale media.

Kies ’n mediese skema wat jy as ’n goeie belegging in jou en jou gesin se gesondheid beskou. Medihelp het oor die jare bewys dat ons ’n betroubare gesondheidsorgvennoot is en sal jou belegging in die Skema beloon met uitstekende waarde vir geld en persoonlike dienslewering.