Follow the best medical aid in the industry on facebook

healthprint - medihelp se gratis gesondheidsprogram

Jou gesondheid en welstand is eie aan jounes jou DNS. Maar in teenstelling met jou genetiese eienskappe kan jou gesondheid deur jou gedrag beïnvloed en verander word. As ’n mediese skema sal Medihelp jou help om jou unieke gesondheidsprofiel tydens elke lewensfase te verbeter en te handhaaf, met ons aanlyn HealthPrint-program.

Lidmaatskap van HealthPrint is gratis vir alle lede van Medihelp Mediese Skema. Deurdat die program naatloos met jou voordele-opsie integreer, kan ons jou Medihelp-data met jou deel asook die uitslae van gesondheidstoetse wat op voorkomende sorg gemik is, en jou in staat stel om jou profiel en gesondheidsinligting vas te lê en by te werk.


HP-Wellness enhancementProgramme wat jou welstand verbeter
Jy kan inskryf vir programme wat ontwerp is om jou gesondheid en welstand te verbeter, insluitend ’n program wat lede met ’n LMI bo 30 help om gewig te verloor met behulp van puik ondersteuning.
HP-Pregnancy programme

'n Gekombineerde program vir swanger lede en kinders tot ses jaar oud

Hierdie gewilde program sal verwagtende lede bystaan op hul reis na moederskap deur nuttige inligting en waarde te bied wanneer hulle spesifieke mylpale bereik, insluitend tydens die swangerskap, gedurende die kleuterfase en tot skoolgaande ouderdom.
HP-Health Profile-120px

'n Manier om rekord te hou van jou gesondheidsprofiel se data

Daar is ’n nuwe funksie wat moontlike gesondheidsprobleme identifiseer en praktiese raad gee oor hoe jy jou welstand kan verbeter sodat jy gesonder kan voel.
HP-Screening test

'n Aanlyn inentingsrekord vir babas en kleuters

Een van die belangrikste maniere waarop jy kan help om jou kinders gesond te hou, is om te verseker dat hulle die nodige inentings op die regte ouderdom kry. Met ons nuwe inentingsmonitor kan jy rekord hou van elke inenting.
HP-MultiSport

Toegang tot Medihelp MultiSport

Alle geesdriftige stappers, drawwers en fietsryers kan by Medihelp MultiSport aansluit. Vir slegs R250 per jaar kan jy afslag kry op eksklusiewe draf- en fietsrydrag asook gratis toegang tot geleenthede wat Medihelp borg.  Medihelp MultiSport is ’n geregistreerde klub in Gauteng-Noord en kan slegs lede in hierdie streek akkommodeer

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO