Follow the best medical aid in the industry on facebook

maak kontak met medihelp

Gebruik een van Medihelp se aanlyn platforms om jou mediesefondsbesonderhede te sien en te bestuur.

’n App vir slimfone

As jy ’n slimfoon het, kan jy gerus Medihelp se app aflaai. Só kan jy verseker dat jy altyd die nuutste bygewerkte e-lidmaatskapkaart by jou het, waar jy ook al gaan. Jy kan ook eise indien met die app deur die foon se kamera te gebruik, en daar is verskeie ander dienste beskikbaar, soos om netwerkverskaffers op te spoor.

 Die app is beskikbaar by iStore, Google Play en Windows Store.


Medihelp member app

Wat kan jy als doen?

  • Kry ’n e-lidmaatskapkaart wat jy kan e-pos of met Bluetooth na jou gesondheidsorgverskaffer kan stuur.

  • Neem ’n foto van jou eise met die foon se kamera en dien dit in deur ’n paar maklike stappe te volg.

  • Sien jou voordele, hoeveel jy reeds geëis het en watter voordele nog beskikbaar is.

  • Lede van Dimension Prime 2 (netwerk- en nienetwerkopsie) en Unify kan hul nuutste spaarrekeningbalanse kontroleer.

  • Vind die naaste netwerkdokter, spesialis, hospitaal of voorkeurapteek met die geïntegreerde kaartfunksie, of laai aanwysings af.

  • Kry toegang tot HealthPrint, Medihelp se welstandsprogram.

     IStore Medihelp Mediese Skema     Playstore Medihelp Mediese Skema     Windows Medihelp Mediese Skema

’n Beveiligde webblad

Medihelp se beveiligde webblad vir lede is 24 uur per dag, sewe dae per week beskikbaar en gee jou toegang tot jou persoonlike, beveiligde inligting deur middel van ’n persoonlike identifikasienommer (PIN).

Medihelp member secured site

Wat kan jy doen?

  • Kry dadelik voorafgoedkeuring vir sekere hospitaalprosedures, of doen aansoek om goedkeuring vir ander prosedures.

  • Monitor jou voordeleverbruik en sien hoeveel fondse jy nog beskikbaar het.

  • Maak seker jou nuutste persoonlike en kontakbesonderhede is op rekord deur dit hier te kontroleer en aan te pas.

  • Soek vir eise, sien hoe dit betaal is of dien nuwe eise in.

  • Bring jou kontakbesonderhede op datum.

  • Laai handige Medihelp-vorms af.

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO