Follow the best medical aid in the industry on facebook

Medihelp MultiSport

Medihelp is die trotse borg van Medihelp MultiSport vir drawwers, stappers en fietsryers. Ons ondersteun almal wat ernstig daaroor is om ’n gesonde, aktiewe leefstyl te volg.

Die 2018-lidmaatskapfooi as jy by Medihelp MultiSport wil aansluit, is R250. Jy benodig ’n ASA-draflisensie indien jy wil deelneem aan wedlope van langer as 10 km. Medihelp MultiSport is ’n geregistreerde klub in Gauteng-Noord en kan slegs lede in hierdie streek akkommodeer.  Jy sal die volgende met jou lidmaatskap kry:

  • Gratis inskrywing vir sportgebeure wat Medihelp borg
  • 50% afslag op Medihelp se fietsry- en drafklere
  • ’n Beginnerspak
  • Toegang tot relevante inligting, insluitend ’n gratis maandelikse nuusbrief

Laai die brosjure af
Klik hier om te registreer



Wie kan aansluit

wie kan aansluit?

Medihelp-lede sowel as persone wat nie lid van Medihelp is nie en in die Gauteng-Noord-streek woon, kan gerus aansluit by Medihelp MultiSport, ’n klub in Gauteng-Noord wat by Atletiek Suid-Afrika (ASA) geregistreer is. Jy kan jou ASA-lisensie deur die Medihelp MultiSport-klub koop en ons sal jou selfs help om by ASA te registreer.

Ekstras

kry als wat saak maak wanneer jy aansluit

Die beste manier om jouself as drawwer of fietsryer uit te daag, is om saam met ander atlete aktief te raak.

Medihelp MultiSport sal jou by verskeie byeenkomste deur die jaar ondersteun, insluitend die Comrades Marathon en die 94.7 Cycle Challenge.

Gazebo

kom kuier saam by ons gazebo

Besoek die Medihelp MultiSport-gazebo by uitgesoekte byeenkomste en geniet welverdiende versnaperings. Die lys van byeenkomste is op ons webtuiste beskikbaar.

Sluit aan by klub

hoe om by medihelp multisport aan te sluit

Dis maklik om aan te sluit. Besoek https://lifestages.medihelp.co.za en volg die aanwysings om jou registrasie te voltooi. Sodra jy geregistreer is, sal jy ’n faktuur ontvang waarna jy jou ledegeld deur ’n elektroniese fondsoorplasing kan betaal.

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO