Follow the best medical aid in the industry on facebook

bly aktief met medihelp


Bly fiks en gesond met Medihelp deur deel te neem aan die geleenthede wat ons borg. Medihelp-lede wat ook by ons HealthPrint-program aangesluit het, kan gratis inskryf vir hierdie geleenthede. Jy kan ook by Medihelp MultiSport aansluit een deel word van ons draf-, stap- en fietsrygemeenskap.


Medihelp MultiSport

Medihelp is die trotse borg van Medihelp MultiSport vir drawwers, stappers en fietsryers. Ons ondersteun almal wat ernstig daaroor is om ’n gesonde, aktiewe leefstyl te volg.

Danksy die ondersteuning van Medihelp Mediese Skema kan ons die volgende voordele aan alle MultiSport-lede bied:

  • Bestel Medihelp-oefenklere teen 50%-afslag.
  • ’n Maandelikse nuusbrief wat jou op hoogte hou van komende gebeure en aktiwiteite.
  • Deel van ’n gemeenskap waar jy met ander drawwers, stappers en fietsryers kan skakel en jou nuus, menings en foto’s kan deel.
  • Loer in by die Medihelp MultiSport-gazebo by sekere wedlope en geniet verversings saam met ons.
  • Gratis inskrywing vir Medihelp-geleenthede.
  • ’n Gratis verwelkomingspakkie.

Hoe om aan te sluit

Wie kan aansluit?Medihelp MultiSport is ’n geregistreerde klub in Gauteng-Noord en kan slegs lede in hierdie streek akkommodeer.
Jaarlikse lidmaatskapfooi

Nuwe lede:

  • R250 per volwassene (vanaf 13 jaar oud)
  • Gratis vir kinders tot 12 jaar oud

Jaarlikse lidmaatskaphernuwing

  • R200 per volwassene (vanaf 13 jaar oud)
  • Gratis vir kinders tot 12 jaar oud
Verwelkomingspakkies

Volwassenes:

  • Sportsak
  • V-halssporthemp
  • Medihelp-haarband

Kinders:

  • V-halssporthemp

Jy benodig ’n ASA-draflisensie indien jy wil deelneem aan wedlope van langer as 10 km.
MedihelpOtherShirtWithSleevesFrontMedihelp MultiSport

Laai die brosjure af
   
Klik hier om te registreer

Medihep trapNET


Medihelp trapNET is ‘n fietsry- en leefstyl byeenkoms met ‘n gesinsfokus wat gedurende die naweek van 20 – 22 Julie 2018 by SuperSport Park in Centurion plaasvind. Die hoofbyeenkoms is ‘n strawwe 85 km-padfietsresies op Sonday 22 Julie 2018 vir fietsryers wat 13 jaar oud en ouer is. Jonger fietsry-entoesiaste kan inskryf vir die trapNET Junior-fietsry-uitdaging op Saterdag 21 Julie 2018. Jy kan die fietsry-en-leefstyluitstalling die hele naweek lank besoek.

Klik hier om meer te lees.

Medihelp trapNet

Die Color Run

The Color Run – ook bekend as die gelukkigste 5 k op die planeet – is ‘n wedloop oor 5 km waar die wentyd nie saak maak nie en deelnemers by elke kilometermerk van kop tot toon met verskillende kleure poeier bestrooi word. Enigeen kan in die pret deel – alle groottes, posture en fiksheidvlakke is welkom!

Klik hier om meer te lees.

Medihelp - Fun, Fit and Healthy

Medihelp Sunrise Monster

Die Medihelp Sunrise Monster vorm deel van menige marathonatleet se oefenskedule vir die jaar. Die uitdagende 32 km-wedloop is die ideale voorbereiding vir ’n ultramarathonatleet. Die wedloop bied ook 'n 10 km Mini Monster en 'n prettige 5 km-wedloop aan.

Die wedloop vind op 3 Maart 2018 plaas.  Kliek hier om meer te lees.

Medihelp Sunrise Monster 2018

Medihelp sunrise monster 3 Medihelp sunrise monster 1
Medihelp sunrise monster 2

Medihelp Tekkie Challenge en Ride & Run

Die Medihelp Ride & Run is ’n unieke fietsry-en-velddraf-kombinasieresies waar deelnemers ry en draf deur die beeldskone Delvera Farm-wingerde in Stellenbosch en die prag van die Wes-Kaapse wynland verken. Jy kan inskryf vir die velddrafwedloop alleenlik of vir die kombinasieresies vir velddraf en bergfietsry – hetsy op jou eie of saam met ’n vriend as ’n aflosspan.

Vir meer inligting oor die Medihelp Ride & Run, klik hier.

Medihelp Ride and Run

Die Medihelp Tekkie Challenge word op Saterdag 1 September 2018 gehou ten bate van die Jan Kriel Skool in Kuilsrivier in die Wes-Kaap. Bring jou vriende, familie en vierpotige makkers saam om hierdie dag van pret te geniet. Daar is ook groot pryse om te wen!

Om meer te lees oor die Medihelp Tekkie Challenge, klik hier.

Medihelp Tekkie Challenge

Medihelp Nelson Mandela Bay Train Race

Die Medihelp Nelson Mandela Bay Train Race is ’n jaarlikse geleentheid op die Medihelp-borgskapkalender waar spanne, bestaande uit vyf drawwers en een bergfietsryer, kragte meet teen ’n Metro Rail-trein in ‘n unieke 38 km-lange aflosresies tussen die Port Elizabeth- en Uitenhage-stasies in die Oos-Kaap.

Nelson Mandela Bay Train Race
Lees meer

Cherry Challenge

Die Medihelp Cherry MTB Challenge is ’n bergfietswedren oor een dag wat jaarliks in die vreedsame Vrystaatse dorp Ficksburg gehou word. Die topklas-roetes bied ’n aanskoulike uitsig op die Vrystaat en sluit ’n 25 km-, 40 km- en 60 km-wedren in. Daar word ook ’n Kiddies Ride oor 2 km en 8 km gehou asook ’n 15 km Fun Ride.

Vir meer inligting oor die Medihelp Cherry MTB Challenge, klik hier.

Medihelp Cherry MTB Challenge

Die Medihelp Cherry Race is ’n strawwe 23 km-wedloop wat oor die beeldskone Imperani-berg kronkel. Dit sluit ook ’n 5 km-pretdraf in.

Om meer te lees oor die Medihelp Cherry Race, klik hier.

Medihelp Cherry Race Challenge

Stellenbosch Cycle Tour

Die Medihelp Stellenbosch Cycle Tour is ’n veeleisende roete oor 97 km wat 1 285 m teen die helling van die Nuwe Helshoogte-bergpas uitklim. Die resies is die belangrikste keuringsgeleentheid vir die 2018 Cape Town Cycle Tour. 

Klik hier om meer te lees.

Medihelp Stellenbosch Cycle Tour

The Witness Medihelp Maritzburg City Marathon

Inskrywings vir The Witness Medihelp Maritzburg City Marathon wat om 5:30 op Sondag 25 Februarie 2018 plaasvind, is nou oop. . Hierdie uitdagende wedloop is ’n Comrades- en Two Oceans-kwalifiseerder en lok meer Comrades-kwalifiserende atlete as enige ander wedloop. 

Klik hier om meer te lees.

Medihelp Maritzburg City Marathon

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO