Follow the best medical aid in the industry on facebook

Medihelp Bike and Tekkie Banner

2017 Medihelp Bike & Tekkie Challenge

Liefdadigheidsgeleentheid ten bate van kinders met spesiale onderwysbehoeftes
Die Medihelp Bike & Tekkie Challenge kom op Saterdag 2 September 2017 weer na Kuilsrivier. Hierdie prettige geleentheid vir die hele gesin is die ideale manier om die lente te verwelkom terwyl jy ons liefdadigheidsgeleentheid ondersteun en ’n verskil maak in die lewens van kinders met leergestremdhede.

Datum: 2 September 2017
Plek: Jan Kriel Skool, Kuilsrivier

Begintye

  • MTB Challenge 20 km: 07:00 (afsnytyd: 09:00)
  • MTB Challenge 40 km: 07:00 (afsnytyd: 10:15)
  • 10 km Battle of the Sexes:*08:00 (afsnytyd: 10:00)
    *Vroue begin met ’n voorsprong; mans se presiese wegspringtyd word op die dag bepaal.
  • 5 km & 4Paws: 08:15
  • Wedlope vir kinders: Vanaf 09:30

Wegspringplekke

  • Bergfietsresies: 20 km & 40 km op die rugbyveld by Jan Kriel Skoo
  • Padwedlope: 10 km, 5 km & 4Paws by die ingang na Jan Kriel Skool

Prysuitdeling

  • Die prysuitdeling begin om 10:15.

Padwedloop en pretdraf

Die padwedlope en pretdraf word oor 10 km en 5 km gehou terwyl daar ook ’n Nappy- en Kiddies-pretdraf en die gewilde 4Paws-pretdraf vir jou vierpotige vriende aangebied word as deel van die 5 km-pretdraf/stap.

Bergfietsresiesinligting

Twee bergfietsresies word gehou oor 20 km en 40 km deur die beeldskone roetes in die Bottelary Heuwels Bewaargebied.

Pryse wat gewen kan word

Battle of the Sexes
  • Die algehele wenner ontvang ’n R500-bonusprys. Vrouedeelnemers begin met ’n voorsprong op hul manlike eweknieë.

MTB Challenge
  • Gelukkige prystrekkings (alle deelnemers word outomaties ingeskryf)
  • Koopbewyse vir kategoriewenners
  • Medaljes vir alle deelnemers wat binne die afsnytye klaarmaak

4Paws – 5 km alleenlik
  • Gelukkige prystrekkings – skryf in deur jou afskeurstrokie in die boks by die prysuitdelingsverhoog te plaas

Komplimentêre T-hemde

Medihelp Event T-shirt Front
Medihelp Event T-shirt Back
Almal wat inskryf, ontvang ’n komplimentêre T-hemp* terwyl voorrade hou
*Groottes kan nie gewaarborg word nie en T-hemde word toegedeel in die volgorde waarin inskrywings ontvang word.

Algemeen

  • Volg die aanwysings vanaf Kerkstraat tot by die ingange na die gratis parkeerareas. Sekuriteitsbeamptes sal vanaf 06:00 aan diens wees.
  • Kom asseblief vroegtydig om verkeersvertragings te vermy en betyds vir die begin van die wedloop te wees. Die hekke maak om 05:30 oop.
  • Warm en koue verversings sal te koop wees.
  • Mediese bystand sal langs die roete beskikbaar wees, asook by die eindpunt.
  • 4Paws-deelnemers moet die amptelike kenteken dra om vir die trekkingspryse te kwalifiseer. Waterbakke sal langs die roete beskikbaar wees.
  • Geen leiband, geen wedloop!

Pryse

Medihelp Tekkie Challenge
Pryse: mans en dames1e2e3e4e5eSpanne (ope-afdeling)
10 km-drawwers 
 20 - 39R1 000R500R300R200  R1004 x R100 
 JuniorsR350 R250 R150  
 40 - 49R400 R300 R200  
 50 - 59R400R300 R200  
 60 - 69R400 R300 R200  
 70+R400R300R200
 Algemeen10e 20e 30e 50e 100e  
 R50 R50 R50 R50 R50  

Medihelp MTB Challenge
  • Koopbewyse vir alle kategoriewenners. Alle deelnemers word outomaties vir die gelukkige prystrekkings ingeskryf.
  • Medaljes vir alle deelnemers wat binne die afsnytye klaarmaak.

MTB-resiesinligting

  • Begintyd vir die 20 km- en 40 km-resies: 07:00
  • Afsnytye:
    • MTB 20 km: 09:00
    • MTB 40 km: 10:15
  • Prysuitdeling: Vanaf 10:15 by Jan Kriel Skool
  • Pryse:
    • Koopbewyse vir kategoriewenners. Alle deelnemers word outomaties vir die gelukkige prystrekkings ingeskryf.
    • Medaljes vir alle deelnemers wat binne die afsnytye klaarmaak

10 km-wedloopinligting

  • Begintye: 08:00. Vrouedeelnemers kry ‘n voorsprong. ‘n R500-bonusprys word toegeken aan die atleet wat die eindstreep eerste oorsteek, man of vrou.
  • Afsnytyd: 10:00
  • Prysuitdeling begin om 10:15
  • Pryse:
    • Kontantpryse per ouderdomskategorie.
    • Die wenner van die Battle of the Sexes ontvang ’n bonus van R500.
    • Medaljes vir alle deelnemers wat binne die afsnytye klaarmaak.

Wedloopinligting vir 5 km-pretdraf/stap & 4Paws-wedloop

  • Begintyd: 08:15
  • Afsnytyd: 10:00
  • Prysuitdeling begin om 10:15
  • 4Paws:
    • Twee trekkingspryse sal toegeken word aan 4Paws-deelnemers wat raakgesien word met hul amptelike kenteken.
    • Waterbakke sal langs die roete beskikbaar wees.
    • Geen leiband, geen deelname!

Wedloopinligting vir Kiddies- en Nappy run

  • Begintyd: Vanaf 09:30
  • Prysuitdeling begin om 10:15
  • Kentekens vir alle deelnemers wat klaarmaak

Hoe om in te skryf

Skryf aanlyn in by www.topevents.co.za of laai ’n inskrywingsvorm hier af.
  • Sluitingsdatum vir aanlyn inskrywings: Om middernag op Sondag 27 Augustus 2017
  • Sluitingsdatum vir persoonlike en gefakste inskrywings: Donderdag 24 Augustus 2017

Voorafinskrywings

  • Aanlyn voorafinskrywings sluit om middernag op Sondag 27 Augustus 2017. In geval van navrae, skakel 021 511 7130 of stuur e-pos na info@topevents.co.za
  • Gefakste inskrywings sluit op Donderdag 24 Augustus 2017. Faks jou inskrywingsvorm en bewys van betaling na 021 510 7230.
  • Persoonlike inskrywings kan by die volgende Sportman’s Warehouse-takke gedoen word:
    •  Rondebosch
    •  Somerset Mall
    •  Tyger Valley
    •  Canal Walk
  • Jy sal twee strokies ontvang indien jy persoonlik inskryf – een moet jy aan jou inskrywingsvorm heg en die ander dien as bewys van jou inskrywing.
  • Sluitingsdatum vir inskrywings by die takke: Donderdag 24 Augustus 2017.
  • Komplimentêre T-hemde* is beskikbaar terwyl voorrade hou.
    *Groottes kan nie gewaarborg word nie en T-hemde word toegedeel in die volgorde waarin inskrywings ontvang word.
  • Skryf aanlyn in by www.topevents.co.za
    Laai ’n inskrywingsvorm hier af.

Laatinskrywings en inskrywings op die dag van die wedloop

  • Laatinskrywings word aanvaar op Vrydag 1 September tussen 12:00 en 18:00 by Jan Kriel Skool.
  • Inskrywings op die dag van die wedloop word aanvaar op Saterdag 2 September vanaf 06:00 tot 15 minute voor die aanvang van elke wedloop.

Afhaal van nommers en T-hemde

  • Op Vrydag 1 September tussen 12:00 en 18:00 by Jan Kriel Skool vir alle inskrywings.
  • Om te reël dat afhaling later kan geskied, skakel Nuha by 021 511 7130.

Wedloopreëls

Hierdie wedloop word gehou in ooreenstemming met die reëls van die IAAF, ASA en Westelike Provinsie Atletiek, en word georganiseer deur die Jan Kriel Instituut en die Cape Multisport Club. Besoek www.wpa.org.za of skakel 021 699 0615.

  1. Die minimum ouderdom om vir die 10 km-wedloop in te skryf, is 14 jaar op die dag van die wedloop.
    ’n Volwassene moet ’n Fun Run-deelnemer (5 km) jonger as 10 jaar vergesel.
  2. Alle drawwers en stappers moet die verkeers- en veldbeamptes gehoorsaam.
  3. Deelnemers met lisensies moet hul klubklere dra met die lisensie vir 2017 op die voor- en agterkant van die frokkie.
    Die amptelike wedloopnommer moet gedeeltelik bo-oor die lisensienommer op die voorkant wees.
  4. Deelnemers met tydelike lisensies moet in gewone wedloopklere deelneem met die lisensie op die agterkant van die frokkie en die wedloopnommer op die voorkant.
  5. Deelnemers moet die ouderdomskategoriekaartjies vertoon om vir ouderdomskategoriepryse te kwalifiseer.
  6. Deelnemers moet klubkleure dra om vir spanpryse te kwalifiseer.
  7. Rolstoelatlete moet die organiseerders kontak om hul deelname te reël..
  8. Inskrywingskaartjies/amptelike wedloopnommers moet gedra word en moet vir die duur van die wedloop sigbaar wees.
  9. Geen helpers word toegelaat nie. Voldoende verversingstasies sal voorsien word.
  10. Sportsak- en badkamerfasiliteite sal by die begin- en eindpunt voorsien word en word op eie risiko gebruik.
  11. Die afsnytyd vir die 10 km-wedloop en die Fun Run is 10:00. Die prysuitdeling begin om 10:15.
  12. Moenie rommel strooi nie. Gooi watersakkies en koppies verantwoordelik weg. Rapporteer oortreders aan die skeidsregters.
  13. Vir veiligheidsredes verbied die ASA se reël 30.10.6 die gebruik van persoonlike musiekspelers. Deelnemers wat nie hierdie reël nakom nie, kan gediskwalifiseer word.
  14. Enige beslissing deur die wedloopkomitee sal finaal wees.

Bergfietsresiesreëls

Die bergfietsresies word aangebied met die ondersteuning van die boere op die bergfietsroetes in die Bottelary Heuwels en volgens die reëls van die Bewaargebied.

  1. Geen helm, geen resies.
  2. Deelnemers word aangeraai om ’n selfoon saam te neem.
  3. Die minimum ouderdom om vir die 40 km-resies in te skryf, is 16 jaar..
  4. ’n Volwassene moet deelnemers jonger as 10 jaar wat vir die 20 km-resies inskryf, vergesel.
    Die metgesel moet afsonderlik inskryf om vir ’n medalje, Brekkie Bun en pryse te kwalifiseer.
  5. Fietsnommerborde moet vir die duur van die resies vertoon word.
    Noodnommers moet op die agterkant verskyn.
  6. Die afsnytye is 09:00 vir die 20 km-resies en 10:15 vir die 40 km-resies.
  7. Algemene padreëls geld in stadsgebiede. Deelnemers moet alle verkeers- en veldbeamptes gehoorsaam.
  8. Plaas- en amptelike voertuie geniet voorrang op die roetes. Wees op die uitkyk daarvoor..
  9. Moenie van die gemerkte roetes afwyk nie.
  10. Moenie met plante peuter of diere tart nie.
  11. Moenie rommel strooi nie – laat net jou spore agter.

Navrae

Padwedlope

Estelle: 073 313 1668

Bergfietsresies

Achmed: 082 788 9503

Algemeen

Riaan: 084 227 0749 of riaan@jankriel.co.za

Kaart na Jan Kriel Skool

  • GPS: -33˚ 55’ 15” S, +18˚ 40’ 49” O
  • Jan Kriel Skool, Skoolstraat Kuilsrivier
Bike and Tekkie Map

Meer inligting oor die liefdadigheidsorganisasie

Jan Kriel Charity Logo
Ons droom:
By Jan Kriel Skool word ons gemotiveer deur die droom om leerders met epilepsie en ander spesiale onderwysbehoeftes te help om hul volle potensiaal te bereik en verantwoordelike volwassenes te word.

Ons slagspreuk is “Gee ’n kind ’n kans!”
Ons wil die fondse, eiendom en wonderlike geskiedenis wat aan ons toevertrou is, beskerm sodat hierdie diens aan ons spesiale kinders volhoubaar is. Ons kernwaarde is “Ons is rentmeesters van God se gawes”.

Besoek www.jankriel.org.za vir meer inligting.

Borge wat ons ondersteun

Indawo Sponsor LogoNetcare 911 Sponsor Logo
Coca Cola Sponsor LogoTruck City Sponsor Logo
Lifestyle Challenge Sponsor Logo
Minibuses Wanted Sponsor Logo
Run Clean Sponsor Logo

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO