Follow the best medical aid in the industry on facebook
Medihelp Maritzburg City Marathon



the witness medihelp maritzburg city marathon


The Witness Medihelp Maritzburg City Marathon vind plaas om 5:30 op Sondag 25 Februarie 2018. Hierdie wedloop is tans die gewildste maraton-en-halfmaratonkombinasie in KwaZulu-Natal, met redelike afsnytye en meer as een wedloopafstand om van te kies. Die 2018-wedloop spog ook met twee veldwedlope langs die oewer van die Umsindusi-rivier op Saterdag 24 Februarie 2018. Hierdie uitdagende wedloop is ’n Comrades- en Two Oceans-kwalifiseerder en lok meer Comrades-kwalifiserende atlete as enige ander wedloop.

Wedloopinligting:

DetailMeer inligting
Datum:Sondag 25 Februarie 2018
*Let asseblief daarop dat MaraFun en die veldwedlope op Saterdag 24 Februarie 2018 plaasvind.
Begin- en eindpunt:Golden Horse Casino
Begintyd:5:30
Afstande:Saterdag 24 Februarie 2018: 7 km-veldwedloop, 17 km-veldwedloop, MaraFun Sondag 25 Februarie 2018: Wedlope oor 42,2 km, 21,1 km en 10 km
Inskrywings:Inskrywings is nou gesluit.
Aanlyn inskrywings open:Woensdag 1 November 2017 vir die wedlope oor 42,2 km, 21,1 km en 10 km
Inskrywings vir die veldwedlope sal op die dag van die wedlope open (24 Februarie 2018) en inskrywings vir MaraFun sal op 23 en 24 Februarie 2018 open.
Inskrywings sluit:1 Februarie 2018
Gasvryheid:

Die Kidzone sal weer veilige vermaak vir die kinders bied op 24 en 25 Februarie, sodat alle ouers die geleentheid het om aan die wedlope deel te neem.

Eet- en drinkgoed sal te koop wees by die eindstreep.

Inskrywingsfooie:

Daar word slegs ’n beperkte aantal atlete vir elke afstand toegelaat, dus moet jy vandag nog inskryf om jou plek te verseker.

AfstandInskrywingsfooi
42,2 km (beperk tot 3 000 inskrywings)R250
21,1 km (beperk tot 3 000 inskrywings)R180
10 km (beperk tot 2 000 inskrywings)R150
7 km-veldwedloop (beperk tot 300 inskrywings)R130
17 km-veldwedloop (beperk tot 300 inskrywings)R100


Heallthprint

HealthPrint-lede skryf gratis in!

As jy nog nie ’n HealthPrint-lid is nie, klik hier om aan te sluit.

 

Jy kan ook aansluit by Medihelp MultiSport – ’n platform vir drawwers, stappers en fietsryers – en gratis vir die wedloop inskryf.

Jy kan ook aansluit by Medihelp MultiSport – ’n platform vir drawwers, stappers en fietsryers – en gratis vir die resies inskryf. Medihelp MultiSport is ’n geregistreerde klub in Gauteng-Noord en kan slegs lede in hierdie streek akkommodeer.  Die 2018-lidmaatskapfooi as jy by Medihelp MultiSport wil aansluit, is R250. Wanneer jy aansluit, ontvang jy ’n gratis unieke sportsak, T-hemp en sweetband. Jy kry ook gratis toegang tot alle sportgeleenthede wat Medihelp borg en 50% afslag op MultiSport-sportklere.

’n ASA-draflisensie wor benodig indien jy wil deelneem aan wedlope van langer as 10 km.  Nog ’n ekstra voordeel is dat jy enige tyd vanaf Oktober 2017 kan aansluit en lidmaatskap kan geniet tot aan die einde van Desember 2018 EN jy kan jou ASA-lisensie deur Medihelp MultiSport aankoop – ons doen al die papierwerk en maak die lewe so ’n bietjie makliker vir jou. Ons gaan ook nie die aansluitingsfooi vir 2018 verhoog nie, dus kan jou vriende en familie wat in 2018 saam met jou lidmaatskap wil geniet, vir die billike 2017-fooi inskryf.  Klik hier om aan te sluit.

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO