Follow the best medical aid in the industry on facebook

maak gereed vir die medihelp sunrise monster

Inskrywings vir die 41ste Medihelp Sunrise Monster, wat op Saterdag 3 Maart 2018 plaasvind, is nou reeds oop. Padwedlopers is goed bekend met hierdie wedloop, wat ’n reputasie het as ’n uitdagende, dog bevredigende ervaring. Talle ervare atlete beskou dit ook as die beste voorbereiding vir die Comrades. Die Medihelp Sunrise Monster kronkel deur die Groenkloof-natuurreservaat en -woongebied, en bied die ideale geleentheid om ’n gesonde oggend in die buitelug deur te bring – of jy nou ’n ervare atleet is wat hoop om vir die Comrades te kwalifiseer of net ’n gewone drawwer wat uitsien na ’n bietjie pret saam met jou gesin en vriende.

Wedloopinligting:

BesonderhedeMeer inligting
Datum:Saterdag 3 Maart 2018
Begin- en eindpunt:Harlequin-klub, Totiusstraat, Groenkloof, Pretoria
Afstande:

Sunrise Monster – 32 km

Mini Monster – 10 km

Baby Monster – 5 km
Begintye:

32 km @ 6:03 (sonsopkoms)

10 km @ 6:30

5 km @ 6:45
Aanlyn inskrywings sluit:

28 Februarie 2018

Inskrywings sal op die dag van die wedloop aanvaar word. Wees asseblief vroeg daar om te verseker dat jy betyds kan wegspring.
Gasvryheid:

Kos- en koeldrankstalletjies sal beskikbaar wees by die wedlooparena by Harlequin-klub. Die klubhuis sal ook oop wees.

Inskrywingsfooie:

DistanceEntry fee
Sunrise Monster – 32 km

Vroeë inskrywings:                                      R110

Grootmeester-inskrywings:                         R60

Inskrywings op wedloopdag:                       R130
Mini Monster – 10 km

Vroeë inskrywings:                                      R80

Grootmeester-inskrywings:                         R40

Inskrywings op wedloopdag:                       R90
Baby Monster – 5 km

Vroeë inskrywings:                                      R40

Grootmeester-inskrywings:                         R30

Inskrywings op wedloopdag:                       R50

Tydelike lisensies vir 32 km en 10 km

Geen lisensie is nodig vir die 5 km Baby Monster nie

R30

 

HealthPrint members get free entries

HealthPrint-lede skryf gratis in!

As jy nog nie 'n HealthPrint lid is nie, kliek hier om aan te sluit en gratis in te skryf.

Nie-Medihelp lede kliek hier om in te skryf.

Jy kan ook aansluit by Medihelp MultiSport – ’n platform vir drawwers, stappers en fietsryers – en gratis vir die wedloop inskryf. Medihelp MultiSport is ’n geregistreerde klub in Gauteng-Noord en kan slegs lede in hierdie streek akkommodeer.  Die 2018-lidmaatskapfooi as jy by Medihelp MultiSport wil aansluit, is R250.  Nadat jy aangesluit het, ontvang jy ’n eksklusiewe gratis sportsak, T-hemp en sweetband. Jy kry ook gratis toegang tot alle geleenthede wat Medihelp borg en 50% afslag op MultiSport-klere.

As jy by Medihelp MultiSport aansluit sal jou lidmaatskap geldig wees tot aan die einde van Desember 2018 EN jy kan jou ASA-lisensie deur Medihelp MultiSport aankoop – ons doen al die papierwerk en maak die lewe so ’n bietjie makliker vir jou.Kliek hier  om aan te sluit.

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO