Follow the best medical aid in the industry on facebook


Stellenbosch Cycle tour


Asemrowende natuurskoon en ’n strawwe roete by die Medihelp Stellenbosch Cycle Tour

Inskrywings vir die Medihelp Stellenbosch Cycle Tour wat op Sondag 3 Desember 2017 gehou word, is nou oop. Hierdie veeleisende roete oor 97 km klim 1 285 m teen die helling van die Nuwe Helshoogte-bergpas uit en beloon jou dan met ’n aanskoulike uitsig. Die resies maak voorsiening vir beginners sowel as ervare deelnemers, en is die belangrikste keuringsgeleentheid vir die 2018 Cape Town Cycle Tour.

Resiesinligting:

DetailsMore information
Datum:Sondag 3 Desember 2017
Begin- en eindpunt:Hoërskool Stellenbosch
Afhaal van resiesnommers: 

Donderdag 30 November 2017 – Suidelike voorstede

The Oaks Room, Sahara Park, Newlands

11:00 – 19:00

Vrydag 1 Desember 2017 – Noordelike voorstede

Chris Willemse Cycles, Willowbridge

11:00 – 19:00

Saterdag 2 Desember 2017 – Stellenbosch

Hoërskool Stellenbosch, Stellenbosch

09:00 – 13:00

Inskrywings open: Vanaf 13:00 op Maandag 9 Oktober 2017
Inskrywings sluit:Maandag 27 November 2017 om 16:00 – ONTHOU ASSEBLIEF dat geen laatinskrywings of inskrywings op die dag van die resies aanvaar word nie.

Inskrywingsfooi: 

  • R330 vir PPA-lede
  • R350 vir nie-PPA-lede

HealthPrint lede skryf gratis in!

As jy nog nie 'n HealthPrint-lid is nie, klik hier om aan te sluit en gratis in te skryf .

Jy kan ook aansluit by Medihelp MultiSport – ’n platform vir drawwers, stappers en fietsryers – en gratis vir die resies inskryf. Medihelp MultiSport is ’n geregistreerde klub in Gauteng-Noord en kan slegs lede in hierdie streek akkommodeer.  Die 2018-lidmaatskapfooi as jy by Medihelp MultiSport wil aansluit, is R250. Wanneer jy aansluit, ontvang jy ’n gratis unieke sportsak, T-hemp en sweetband. Jy kry ook gratis toegang tot alle sportgeleenthede wat Medihelp borg en 50% afslag op MultiSport-sportklere.

’n ASA-draflisensie wor benodig indien jy wil deelneem aan wedlope van langer as 10 km.  Nog ’n ekstra voordeel is dat jy enige tyd vanaf Oktober 2017 kan aansluit en lidmaatskap kan geniet tot aan die einde van Desember 2018 EN jy kan jou ASA-lisensie deur Medihelp MultiSport aankoop – ons doen al die papierwerk en maak die lewe so ’n bietjie makliker vir jou. Ons gaan ook nie die aansluitingsfooi vir 2018 verhoog nie, dus kan jou vriende en familie wat in 2018 saam met jou lidmaatskap wil geniet, vir die billike 2017-fooi inskryf. Klik hier om aan te sluit.

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO