Follow the best medical aid in the industry on facebook
Medihelp Tekkie Challenge

Medihelp Tekkie Challenge

Die Medihelp Tekkie Challenge vind op Saterdag 1 September 2018 by die Jan Kriel Skool in Kuilsrivier in die Wes-Kaap plaas. Hierdie prettige gesinsbyeenkoms is net die regte manier om die lente te verwelkom.

Die hoofresies waarna deelnemers kan uitsien, is die epiese Battle of the Sexes-wedloop, waar mans en vroue kragte meet om te sien wie die strawwe 10 km-roete eerste kan voltooi. Vrouedeelnemers begin met ’n voorsprong, waarna die opwindende wedloop na die eindstreep begin!

Die wedloop word volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Westelike Provinsie Atletiek (WPA) gehou, so maak seker jy teken dit in jou dagboek aan. Daar is ook ’n 5 km-pretdraf vir die hele gesin (bring jou vierpotige vriende saam) en ’n Nappy Run vir die heel jongste gesinslede.

Wedloopinligting:

Datum:Saterdag 1 September 2018
Plek:Jan Kriel Skool, Kuilsrivier, Wes-Kaap
Wegspringtye:

10 km - 07:30

5 km - 07:45

Wedloop vir die jongspan - 09:00

Aanlyn inskrywings sluit:Sondag 26 Augustus 2018

Kategorieë:

  • 10 km Battle of the Sexes
  • 5 km-pretdraf
  • Nappy run

Medaljes vir almal wat die wedloop voltooi
Komplementêre T-hemp
Fantastiese pryse kan in ’n gelukkige trekking gewen word

HealthPrint-lede kan gratis deelneem!

As ’n lid van Medihelp se gratis aanlyn welstandsprogram, HealthPrint, kan jy gratis inskryf vir alle byeenkomste wat Medihelp borg. Teken bloot aan op die HealthPrint-webblad en klik op die Medihelp Tekkie Challenge-skakel op die tuisblad om jou gratis kaartjie op te eis.

Nog nie ’n lid van HealthPrint nie? Sluit hier gratis aan en kry jou gratis inskrywing vir hierdie en alle ander byeenkomste wat Medihelp borg!

As jy nie ’n lid van Medihelp of HealthPrint is nie, klik hier om in te skryf.

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO