Follow the best medical aid in the industry on facebook

vennote en handige skakels

Om aan jou die heel beste – maar steeds bekostigbare – mediese sorg te bring, het Medihelp in vennootskap getree met die beste diensverskaffers en kundiges in die mediese bedryf. As jy meer wil weet van enige van ons vennote, of meer inligting oor sekere aspekte rakende gesondheidsorg benodig, volg gerus die skakels in die tabel.

Alle opsies
Medihelp Denis

Dental Risk Company (DRC)
Dental Risk Company (DRC) spesialiseer in die voorsiening van doeltreffende bestuurdesorgoplossings vir tandheelkunde en voorsien Medihelp se tandheelkundevoordele in vennootskap met 2 200 tandartse regoor Suid-Afrika. Lede kan enige tandarts van hul keuse besoek, maar voordele word bestuur deur DRC en volgens DRC se protokolle toegestaan.

http://www.dentalrisk.com

Medihelp Preferred Pharmacy Network Medihelp-voorkeurapteeknetwerk
Medihelp se voorkeurapteeknetwerk bestaan uit meer as 1 700 apteke wat die kostedoeltreffendste professionele fooistruktuur vir voorskrifmedisyne aan lede bied. Dit beteken dat lede wat netwerkapteke besoek, nie enige ekstra bedrae hoef te betaal vir hoër professionele fooie wat apteke buite die netwerk hef om medisyne te resepteer nie.
Medihelp HIV partnerHalocare en Dis-Chem Direct
Halocare is die gesondheidsorgbestuursvennoot vir MIV-/vigsverwante dienste en nablootstellingsprofilakse en Dis-Chem Direct is die aangewese diensverskaffer van MIV-/vigsmedisyne.
Medihelp specialist networkSpesialisnetwerke
Twee spesialisnetwerke (vir Medihelp se nienetwerkopsies en vir die Dimension Prime-netwerkreeks) sorg vir die doeltreffende bestuur van enige VMV-spesialissorg wat ons lede mag benodig, en verminder sodoende bydraes uit hul eie sak. Deurdat daar spesifieke spesialisnetwerke vir die lede van ons netwerkopsies is, vergemaklik dit die sorg wat die spesialis en die netwerkhospitaal lewer, veral met betrekking tot VMV-dienste.
Medihelp ambulance partner

Netcare 911
Netcare 911 is ons vennoot vir die lewer van nood mediese dienste, insluitend noodvervoer, noodbystand en traumaberading.

http://www.netcare911.co.za

Medihelp ongology partner

ICON
ICON is die Independent Clinical Oncology Network waaraan meer as 80% van die land se onkoloë behoort. Hulle bied kankerbehandeling van die hoogste gehalte deur ’n landwye netwerk van gevorderde chemoterapie- en radioterapiefasiliteite. ICON is Medihelp se aangewese verskaffer van kankerbehandeling.

http://iconsa.co.za

Medihelp back treatmentDBC
Medihelp se rugbehandelingsprogram word in samewerking met Document-Based Care (DBC) aangebied. Elke program word deur ’n multidissiplinêre mediese span ontwikkel volgens die individu se kliniese profiel.
Medihelp preventive care partners Voorkomende sorg
Clicks en Dis-Chem is Medihelp se aangewese verskaffers van gesondheidstoetse vir voorkomende sorg.
Medihelp mobile meds MobileMeds
MobileMeds is ’n gerieflike medisynebestelling- en afleweringsdiens, veral vir goedgekeurde maandelikse chroniese medisyne.
Netwerkopsies
Medihelp pmb medicine

ADV’s slegs vir die Dimension Prime-netwerkreeks
VMV- chroniese medisyne
Lede moet hulle VMV- chroniese medisyne van ’n aangewese diensverskaffer (ADV) bekom om ’n uitgawe van 60% te voorkom.
Bestel goedgekeurde VMV- chroniese medisyne van MobileMeds.
Skakel Medihelp by 086 0100 678 vir meer inligting.

Onkologiemedisyne
Dis-Chem Oncology is die ADV vir VMV- onkologiemedisyne.

Dimension Prime 2, Dimension Prime 3 en Dimension Elite
Medihelp optometry partner

PPN
Die Preferred Provider Negotiators (PPN) voorsien Medihelp se oogkundevoordele in vennootskap met meer as 2 000 oogkundiges regoor Suid-Afrika. Medihelp-lede mag enige oogkundige besoek en voordele word volgens PPN se tariewe toegestaan.

http://www.ppn.co.za

Dimension Elite
Medihelp hip partner

ICPS
Improved Clinical Pathway Services lewer nie-VMV- heup- en knievervangingsdienste aan kwalifiserende pasiënte op Dimension Elite.

http://www.icpservices.co.za

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO