Gesonde gees en liggaam

Medihelp-lede het toegang tot bykomende voordele wat hul mediesefondsdekking uitbrei, insluitend roetine-ondersoeke en gesondheidstoetse. In 2021 kan lede hierdie voordele aktiveer deur te registreer op die Member Zone om toegang tot HealthPrint te kry, Medihelp se gratis aanlyn gesondheid-en-welstandsplatform.

Registreer vir HealthPrint

Medihelp bied ’n reeks bykomende versekerde voordele wat jou gesondheid ondersteun.

Jou persoonlike gesondheidsprofiel is op Member Zone onder Healthprint beskikbaar en help jou om jou gesondheid te monitor. Lede kan hul gesondheidsdata sien en bywerk via die Medihelp-app vir lede of die Member Zone, en hul gesondheidsrekord met huisdokters, spesialiste en ander gesondheidsorgdeskundiges deel.

Die meeste van Medihelp se mediesefondsplanne bied ryk voordele vir swanger mammas, insluitend dekking vir voorgeboorte- en nageboortekonsultasies en ’n Swangerskap-en-babaprogram.

Lees meer

HHealthPrint bied ’n gewigsverliesuitdaging van 12 weke, aanlyn oefeninge, noodsaaklike advies oor gesondheid en voeding, en meer. Lede met ’n LMI van meer as 30 kwalifiseer vir ’n addisionele konsultasie met ’n dieetkundige wat op die meeste mediesefondsplanne deur Medihelp gedek word.

Die DVD-reeks, Living With, bied diepte-inligting oor enkele van die algemeenste geestesgesondheidsteurings sodat mens ’n beter begrip kan kry van hierdie komplekse toestande wat dikwels misverstaan word.

MultiSport

Drawwers/stappers wat in die Gauteng-Noord-streek woon en fietsryers regoor die land kan by Medihelp MultiSport aansluit teen slegs R320 vir ’n jaar se lidmaatskap. Klik hier om meer te lees.

Summer Shape-up-uitdaging

Die Medihelp Summer Shape-up-uitdaging is ’n gratis aanlyn videoreeks oor 8 weke met oefensessies en voedingswenke. Die oefeninge is maklik om te volg en geskik vir alle fiksheidsvlakke.

Week 8