MedMove!


Begin jy by jou eerste werk? Sluit aan by ’n mediese fonds wat mediese dekking volgens jou behoeftes bied in hierdie opwindende nuwe fase van jou lewe.

Vanaf

R1 452

per maand

MedMove! bied privaat mediese dekking aan jongmense wat hulle loopbaan begin, deur ’n netwerk van privaat algemene praktisyns, hospitale en ander mediese fasiliteite in al die groot metro’s.

Indien jy belangstel in ‘n mediese fonds, voltooi die vorm hieronder en ‘n geakkrediteerde adviseur sal met jou in verbinding tree:

Om voorafgoedkeuring te versoek, jou voordele te sien en ander dienste te gebruik, teken asseblief aan op die Member Zone.


MedMove Dekking in die hospitaal

Dekking in die hospitaal

Onbeperkte privaat hospitalisasie by netwerkhospitale en -dagprosedurefasiliteite

Standaardradiologie, patologie en mediese tegnoloogdienste

Toegang tot geestesgesondheidsorg

MedMove! out-of-hospital

Dekking buite die hospitaal

Onbeperkte konsultasies by verpleegkundiges (ook virtuele konsultasies) met geen bybetaling nie

Konsultasies by algemene praktisyns in die netwerk (ook virtuele konsultasies) met ’n R110-bybetaling

Konsultasie by ’n DRC-netwerktandarts

Oogtoets by ’n PPN-netwerkoogarts

Fisioterapie

Selfmedikasie

Noodsaaklike dekking

Noodsaaklike dekking

Noodvervoerdienste in Suid-Afrika deur Netcare 911

Pad- en lugvervoer

Trauma wat hospitalisasie vereis

270 gelyste VMV-toestande en 26 chroniese siektes

Bykomende voordele


Gesondheidstoetse en inentings

Sorg dat jy gesond bly deur hierdie toetse by Dis-Chem of Clicks te laat doen

  • Bloedglukose, cholesterol, LMI & bloeddruk
  • Griepinspuitings
  • COVID-19-toetse en -inentings

Gesondheidstoetse

’n Papsmeer elke 3 jaar

MIV-toetsing en berading

Geboortebeperking

Voorbehoedpille, -inspuitings of -inplantings R90 per maand tot
R1 080 per jaar
IUA (voorbehoedapparaat)R1 700 elke
60 maande

medmove-man-afrmedmove-man-mobile-afr

 

Hierdie is slegs ’n opsomming van die beskikbare voordele en bybetalings kan op sekere voordele van toepassing wees. Raadpleeg asseblief die geregistreerde Reëls van Medihelp en jou plan se brosjure vir meer besonderhede. In die geval van ’n dispuut sal die Reëls van Medihelp geld.