Plus Omvattend in 2021
Medihelp se topproduk bied die omvattendste dekking vir mediese noodgevalle, privaat hospitalisasie en bykomende versekerde voordele, asook ruimskootse dekking vir akute en chroniese medisyne, radiologie, patologie en ander dag-tot-dag mediese uitgawes, wat verseker dat jou en jou gesin se gesondheidsorgbehoeftes altyd in goeie hande is.
'n Opsomming van Plus se maandelikse bydraes en voordele:
Hooflid | ![]() | R9 714 | |
Afhanklike | ![]() | R9 714 | |
Kinderafhanklike <26 jaar | ![]() | R2 424 | |
Werkgewersbydrae is nie by die maandelikse ledegeld ingereken nie. |
Hierdie voordele word bykomend tot ander versekerde voordele gebied en is jaarliks beskikbaar, tensy anders aangedui. Spesifieke itemkodes en protokolle mag op sekere voordele van toepassing wees. Inligting oor netwerkverskaffers is beskikbaar by die funksie om te soek vir ’n verskaffer. Registreer vir HealthPrint, Medihelp se gratis aanlyn gesondheid-en-welstandsprogram, om hierdie voordele te aktiveer
Roetine-ondersoeke en immunisering Beskikbaar by netwerkapteekklinieke per persoon:
| Vrouegesondheid
|
Ondersteuning vir jou welstand
| Mansgesondheid
|
Uitgebreide swangerskapvoordele Registrasie op HealthPrint se Swangerskap-en-babaprogram aktiveer hierdie bykomende voordele:
| Voordele vir kinders
|
50-plussers
| HealthPrint
Medihelp-lede kry gratis toegang tot hierdie aanlyn gesondheid-en-welstandsprogram wat ontwerp is om waarde toe te voeg op grond van hulle gesondheidsprofiel deur programme soos 'n Swangerskap-en-babaprogram. |
Hospitalisasie Enige hospitaal | Noodvervoer Netcare 911 In die land waar die bevoordeelde woon RSA, Lesotho, Eswatini, Mosambiek, Namibië & Botswana – onbeperk Buite die land waar die bevoordeelde woon Padvervoer R2 130 en lugvervoer R14 200 per geval |
Chroniese toestande/ VMV
| Gespesialiseerde radiologie Tydens en nie tydens hospitalisasie
|
Psigiatriese behandeling Tydens en nie tydens hospitalisasie R44 700 per bevoordeelde per jaar (maksimum R61 000 per gesin per jaar) | Onkologie Tydens en nie tydens hospitalisasie 100% van die MT – onbeperk |
Bevalling (geboorte)
| Orgaanoorplanting Slegs VMV – 100% van die koste Kornea-inplanting – R29 900 per inplanting per jaar |
Ander kernvoordele Nierdialise, suurstof, prostatektomie, hospiesdienste, subakutesorg en privaat verpleging as alternatief vir hospitalisasie | Posthospitaalsorg R1 870 per lid en R2 600 per gesin per jaar vir spraakterapie, arbeidsterapie en fisioterapie tot 30 dae na ontslag |
Prostesevoordele
| Refraktiewe chirurgie 100% van die MT – onbeperk |
Palliatiewe sorg 100% van die MT R28 000 per gesin per jaar |
Versekerde dag-tot-dag-voordele Konsultasies by algemene praktisyns en spesialiste, fisioterapie, kliniese sielkunde, psigiatriese verpleging en aanvullende gesondheidsdienste – R3 700 per bevoordeelde per jaar, gepoel per gesin | Akute medisyne R6 440 per bevoordeelde per jaar, gepoel per gesin |
Chroniese medisyne (nie-VMV) R18 800 per bevoordeelde per jaar | |
VMV- chroniese medisyne | |
Oogkunde PPN-netwerk van toepassing Brille of kontaklense per bevoordeelde per 24-maandesiklus
| Tandheelkunde DRC-netwerk van toepassing
|
Patologie Onbeperk | Radiologie Onbeperk |
Uitwendige prostese en mediese toestelle Tydens en nie tydens hospitalisasie
|
Hierdie is slegs ’n opsomming van die beskikbare voordele. Raadpleeg asseblief die geregistreerde Reëls van Medihelp vir meer inligting en besonderhede van die dienste wat uitgesluit is van voordele. In die geval van ’n dispuut geld die Reëls van Medihelp (onderhewig aan goedkeuring deur die Raad vir Mediese Skemas).
- Sekere bykomende versekerde voordele is nie beskikbaar indien jy vir ’n chroniese/ VMV-toestand geregistreer is nie, aangesien die behandeling dan nie meer as voorkomende sorg beskou word nie. Sommige voordele mag aan ’n spesifieke ouderdom/ geslag/ itemkode gekoppel wees. Voordele word teen 100% van die MT betaal.
- Dokterskonsultasies word uit die beskikbare dag-tot-dag-voordele betaal.
- Voordele kan onderhewig wees aan voorafgoedkeuring en/ of protokolle.
- Medihelp betaal generiese medisyne teen 100% van die MMAP, oorspronklike medisyne met geen generiese ekwivalent teen 80% van die MT, en oorspronklike medisyne met ’n generiese ekwivalent teen 70% van die MMAP.
Afkortings
CDL-Chronic Diseases List | COLS-Chroniese obstruktiewe lugwegsiekte | CPAP-Continuous positive airway pressure | DRC-Dental Risk Company | EVARS-Endovaskulêre aortavervangingchirurgie | FOBT-Fekale okkulte bloedtoets | LMI-Liggaamsmassa-indeks | MHVP-Medihelp-verwysingsprys | MMAP-Maximum Medical Aid Price | MPV-Menspapiloomvirus | MRB-Magnetiese resonansiebeelding | MT-Medihelp-tarief wat Medihelp vir voordele betaal, wat ’n gekontrakteerde tarief of die enkelafsetprys kan insluit | NMD-Nood mediese dienste |OJL-Oorhoofse jaarlikse limiet | PET-Positron-emmissie tomografie | PPN-Preferred Provider Negotiators | RT–Rekenaartomografie | VMV–Voorgeskrewe minimum voordele