Follow the best medical aid in the industry on facebook

Prime 2 met 'n 15%-spaarrekening in 2021


'n Kombinasie van ’n spaarrekening, ’n versekerde voordeel wat intree sodra die spaarrekening uitgeput is en uitgesoekte voorkomende en versekerde voordele vir elke lewensfase voorsien in jou gesondheidsorgbehoeftes. Prime 2 bied uitgebreide hospitaaldekking by enige fasiliteit of by ’n gehaltenetwerk (betaal 22% minder vir die netwerkopsie).
Mediese fonds Prime 2

'n Opsomming van Prime 2 se maandelikse bydraes en voordele:

 NetwerkNienetwork
HooflidPrincipal memberR2 286
(R342 spaarbydrae per maand en R4 104 per jaar ingesluit)
R2 934
(R438 spaarbydrae per maand en R5 256 per jaar ingesluit)
AfhanklikeDependantR1 884
(R282 spaarbydrae per maand en R3 384 per jaar ingesluit)
R2 412
(R360 spaarbydrae per maand en R4 320 per jaar ingesluit)
Kinderafhanklike <26 jaarChild dependantR684
(R102 spaarbydrae per maand en R1 224 per jaar ingesluit)
R882
(R132 spaarbydrae per maand en R1 584 per jaar ingesluit)
Jy betaal slegs vir twee kinders jonger as 18 jaar, waarna ledegeld vir kinderafhanklikes sal geld vanaf die begin van die volgende jaar nadat hulle 18 geword het totdat hulle 26 jaar oud is. Werkgewersbydrae is nie by die maandelikse ledegeld ingereken nie.

 

Hierdie voordele word bykomend tot ander versekerde voordele gebied en is jaarliks beskikbaar, tensy anders aangedui. Spesifieke itemkodes en protokolle mag op sekere voordele van toepassing wees. Inligting oor netwerkverskaffers is beskikbaar by die funksie om te soek vir ’n verskaffer. Registreer vir HealthPrint, Medihelp se gratis aanlyn gesondheid-en-welstandsprogram, om hierdie voordele te aktiveer.

 

Roetine-ondersoeke en immunisering
Beskikbaar by netwerkapteekklinieke per persoon:
  • Een kombinasietoets (bloedglukose, cholesterol, LMI en bloeddrukmeting)/ individuele toets (bloedglukose/ cholesterol)
  • MIV-toetsing, berading & ondersteuning
  • ’n Tetanusinenting
  • ’n Griepinenting
  • Twee MPV-inentings vir meisies en seuns tussen 10-14 jaar of drie tussen 15-26 jaar
Vrouegesondheid
  • ’n Mammogram versoek deur ’n mediese dokter per 2-jaarsiklus (vroue 40-75 jaar)
  • ’n Papsmeer versoek deur ’n mediese dokter per 3-jaarsiklus (vroue ouer as 21 jaar)
  • Voorbehoedmiddels:
    • Orale/ inspuitbare/ inplanteerbare voorbehoedmiddels (vroue tot 50 jaar) – R135 per bevoordeelde per maand, tot R1 620 per jaar
    • Intra-uteriene toestel elke 60 maande – R2 200 per bevoordeelde

Ondersteuning vir jou welstand

  • Rugbehandeling as alternatief vir chirurgie by ’n Document Based Care-fasiliteit vir kwalifiserendepasiënte, en die behandeling is ’n voorvereiste vir spinale chirurgie
  • pasiënte, en die behandeling is ’n voorvereiste vir spinale chirurgie
  • Chroniesesorgprogram
  • Een konsultasie by ’n dieetkundige indien ’n LMI-meting ’n LMI bo 30 aandui
  • Program vir Vroeë Bespeuring
  • Program vir Bipolêre Steuring (vanaf 1 April 2021)
Mansgesondheid
  • ’n Prostaattoets (PSA-vlak) versoek deur ’n mediese dokter (mans 40 jaar en ouer)
Uitgebreide swangerskapvoordele
Registrasie op HealthPrint se Swangerskap-en-babaprogram aktiveer hierdie bykomende voordele:
  • 10 voorgeboorte- en nageboortekonsultasies by ’n vroedvrou/ algemene praktisyn/ ginekoloog
  • 2 voorgeboorte- en nageboortekonsultasies by ’n dieetkundige/ borsvoedingspesialis/ voorgeboorteklasse
  • Twee 2D-ultraklanksonars
Voordele vir kinders
  • Babas jonger as 2 jaar kry 2 bykomende besoeke by ’n algemene praktisyn, pediater of oor-neus-en-keelspesialis
  • Standaardimmuniserings vir kinders tot 7 jaar oud by netwerkapteekklinieke
50-plussers
  • Een beenmineraaldigtheidstoets versoek deur ’n mediese dokter (vroue >50 jaar)
  • ’n Pneumovax-inenting in ‘n 5-jaarsiklus per persoon ouer as 55 jaar (indien vir asma of COLS geregistreer)
  • ’n FOBT-toets vir persone ouer as 50 jaar
HealthPrint

Medihelp-lede kry gratis toegang tot hierdie aanlyn gesondheid-en-welstandsprogram wat ontwerp is om waarde toe te voeg op grond van hulle gesondheidsprofiel deur programme soos ’n Swangerskap-en-babaprogram.

 

Hospitalisasie
100% van die MT

Nienetwerk: enige hospitaal
Netwerk: 113 netwerkhospitale

Dagchirurgienetwerk: 134 dagchirurgiefasiliteite vir sekere prosedures
Noodvervoer 
Netcare 911
In die land waar die bevoordeelde woon
RSA, Lesotho, Eswatini, Mosambiek, Namibië & Botswana – onbeperk
Buite die land waar die bevoordeelde woon
Padvervoer R2 130 en lugvervoer R14 200 per geval
Chroniese toestande/ VMV
  • 100% van die koste vir 270 VMV- en 26 chroniese toestande (aangewese diensverskaffers, spesialisnetwerk, protokolle en voorafgoedkeuring geld)
  • Onbeperkte dekking vir trauma wat hospitalisasie vereis
Gespesialiseerde radiologie 
Tydens en nie tydens hospitalisasie
  • MRB en RT-beelding
    100% van die MT – Onbeperk (sien addisionele inligting – prosedurespesifieke uitgawes)
  • Angiografie
    100% van die MT – Onbeperk
    Psigiatriese behandeling
    Tydens en nie tydens hospitalisasie
    R25 300 per bevoordeelde per jaar (maksimum R34 800 per gesin per jaar)
    Onkologie
    Tydens en nie tydens hospitalisasie
    • VMV – 100% van die MT
    • Nie-VMV – R240 840 per gesin per jaar
    Bevalling (geboorte)
    • Tydens hospitalisasie – 100% van die MT
    • Tuisbevalling – R13 500 per geval
    Orgaanoorplanting
    Slegs VMV – 100% van die koste
    Kornea-inplanting – R29 900 per inplanting per jaar
    Ander kernvoordele
    Nierdialise, suurstof, hospiesdienste, subakutesorg en privaat verpleging as alternatief vir hospitalisasie
    Posthospitaalsorg
    R1 870 per lid en R2 600 per gesin per jaar vir spraakterapie, arbeidsterapie en fisioterapie tot 30 dae na ontslag
    Prostesevoordele
    • Funksionele gesondheidsnoodsaaklike prostese: R64 300
      • Heup-, knie- en skouervervanging (nie-VMV):
        • Akute beserings waar vervanging die enigste behandelingsopsie is –
          Hospitalisasie: 100% van die MT
          Prostese: Voordeel vir funksionele gesondheidsnoodsaaklike prostese geld
        • Slytasie: geen voordele onder Akute
        • Intra-okulêre lense – R4 300 per lens, 2 lense per bevoordeelde per jaar, voordeel vir funksionele gesondheidsnoodsaaklike prostese geld
    • EVARS-prostese – R135 600
    • Vaskulêre/ kardiale prostese – R58 000
    • Prostese met rekonstruktiewe of restourerende chirurgie (tydens en nie tydens hospitalisasie) – R9 900 per gesin per jaar
    Palliatiewe sorg
    100% van die MT
    R22 000 per gesin per jaar

     

    15%-spaarrekening

    Sodra jou spaarrekening opgebruik is, sal die versekerde gepoelde dag-tot-dag-voordele van toepassing wees
    • ’n Kredietfasiliteit gelykstaande aan 12 maande se spaarrekeningbydraes is aan die begin van elke boekjaar beskikbaar
    • Ongebruikte spaarrekeningfondse akkumuleer en verdien rente, en word by jou spaarrekeningfondse vir die volgende jaar gevoeg
    • Kies of jy die spaarrekening wil gebruik vir bybetalings op dienste tydens hospitalisasie/ kortbetalings
    Medisyne
    • Nie-VMV- chroniese medisyne
      Medisyne word uit die beskikbare voordele vir spaarrekening/dag-tot-dag-voordele betaal
    • VMV- chroniese medisyne
      • Nienetwerk – 100% van die MHVP
      • Netwerk – 100% van die MHVP
        (Aangewese diensverskaffers en formularium geld)
    Versekerde dag-tot-dag voordele
    Word eers uit die spaarrekening betaal
    Konsultasies by algemene praktisyns en spesialiste, fisioterapie, akute medisyne en selfmedikasie, insluitend besoeke aan noodeenhede
    Lid = R1 250 per jaar
    Lid+ = R2 500 per jaar
    Netwerkopsie
    Netwerk van algemene praktisyns en spesialisverwysing van toepassing

     

    Tandheelkunde
    DRC-netwerk van toepassing
    • Konserverende en gespesialiseerde tandheelkundige dienste – spaarrekening
    • 100% van die MT vir tandheelkundige prosedures onder bewuste sedasie in die spreekkamer (sedasiekoste) slegs vir die verwydering van geïmpakteerde tande (derde kiestand)
      Tandartsrekening – itemkodes van toepassing
    Oogkunde
    Spaarrekening
    Uitwendige prostese en mediese toestelle
    Tydens en nie tydens hospitalisasie
    • Spaarrekening
    • Hiperbariesesuurstofbehandeling – R650 per gesin per jaar

     

    Belangrik:
    Hierdie is slegs ’n opsomming van die beskikbare voordele. Raadpleeg asseblief die geregistreerde Reëls van Medihelp vir meer inligting en besonderhede van die dienste wat uitgesluit is van voordele. In die geval van ’n dispuut geld die Reëls van Medihelp (onderhewig aan goedkeuring deur die Raad vir Mediese Skemas).
    • Sekere bykomende versekerde voordele is nie beskikbaar indien jy vir ’n chroniese/ VMV-toestand geregistreer is nie, aangesien die behandeling dan nie meer as voorkomende sorg beskou word nie. Sommige voordele mag aan ’n spesifieke ouderdom/ geslag/ itemkode gekoppel wees. Voordele word teen 100% van die MT betaal.
    • Dokterskonsultasies word uit die beskikbare spaarrekeningfondse/ dag-tot-dag-voordele betaal.
    • Voordele kan onderhewig wees aan voorafgoedkeuring en/ of protokolle.

    Prosedurespesifieke uitgawes (deur die lid betaalbaar)
    • Spinale chirurgie – R10 850 per opname
    • Alle endoskopiese prosedures (hospitaal/ dagkliniek) – R4 050 (’n verdere 35%-bybetaling sal van toepassing wees indien die dienste nie in die dagchirurgienetwerk verkry word nie)
    • Gespesialiseerde radiologie (binne en buite die hospitaal) – R2 500 per ondersoek
    • Tandheelkundige prosedures onder narkose tydens hospitalisasie
      Verwydering van geïmpakteerde tande (derde kiestande - slegs spesifieke itemkodes is betaalbaar op tandartsrekening) en omvattende tandheelkundige behandeling vir kinders <7 jaar – R3 430 per opname
    • Histerektomie en endometriële ablasie – R6 000 per opname
    • Prostatektomie (slegs konvensionele of laparoskopiese prosedures) – R6 000

    Afkortings

    CDL-Chronic Diseases List | COLS-Chroniese obstruktiewe lugwegsiekte | DRC-Dental Risk Company | EVARS-Endovaskulêre aortavervangingchirurgie | FOBT-Fekale okkulte bloedtoets | LMI-Liggaamsmassa-indeks | MHVP-Medihelp-verwysingsprys | MPV-Menspapiloomvirus | MRB-Magnetiese resonansiebeelding | MT-Medihelp-tarief wat Medihelp vir voordele betaal, wat ’n gekontrakteerde tarief of die enkelafsetprys kan insluit | NMD-Nood mediese dienste | OJL-Oorhoofse jaarlikse limiet | RT–Rekenaartomografie | VMV-Voorgeskrewe minimum voordele 

    Prime-hospitaalnetwerk

    Dagchirurgienetwerk

    Spesialisnetwerk

    Verduideliking van spaarrekening

    Indien jy belangstel in ‘n mediese fonds, voltooi die vorm hieronder en ‘n geakkrediteerde adviseur sal met jou in verbinding tree:

    Om voorafgoedkeuring te versoek, jou voordele te sien en ander dienste te gebruik, teken asseblief aan op die Member Zone.


    Medihelp chatbot
    Loading

    Loading...