Follow the best medical aid in the industry on facebook

kry mediesefondsdekking vir jou werknemers

Jou werknemers is jou grootste bate. Deur in hulle welstand te belê en hulle te help om hul gesondheid te beskerm, maak jy ’n goeie belegging wat hoë opbrengste sal lewer. Die geheim is om goeie mediesefondsdekking as deel van hul werknemervoordele te bied – en om die regte mediese skema as jou maatskappy se gesondheidsorgvennoot te kies.

Medihelp se aanbieding aan korporatiewe groepe

By Medihelp Mediese Skema kan ons jou help om ’n uitstekende gesondheidsorgoplossing aan jou werknemers te bied. Medihelp het ’n verskeidenheid mediesefondsprodukte beskikbaar met puik voordele wat in jou werknemers se diverse behoeftes sal voorsien. Boonop bied Medihelp ’n verpersoonlikte benadering wanneer ons met jou skakel. As deel hiervan voorsien ons jou gereeld van gesondheidsprofiele van jou werknemers en ’n toegewyde konsultant wat jou met die bestuur van jou groep se lidmaatskap sal bystaan. Medihelp sal jou help om jou werknemers se algemene gesondheid te monitor deur gesondheidsdae aan te bied en sal persoonlike advies aan jou werknemers gee. Afhangende van die grootte van jou organisasie kan jy ook moontlik baat by groeponderskrywing vir al jou werknemers.

Enige maatskappy of organisasie – ongeag hoeveel mense jy in diens het – mag by Medihelp aansluit.

Kies die regte mediese plan

Medihelp gebruik slegs die dienste van FAIS-geakkrediteerde finansiële adviseurs wat die ondersteuning van ons interne verkope-, bemarking- en nuwe besigheidsafdeling geniet. Hierdie spanne sal jou help om die geskikste mediesefondsopsie vir jou en jou werknemers te kies en sal jou stap vir stap bystaan met die inskrywingsproses.

Kontak Medihelp vir meer inligting

As jy wil hê dat ’n geakkrediteerde adviseur jou moet help om die regte gesondheidsorgopsies vir jou maatskappy te kies, stuur asseblief vir ons e-pos na brokers@medihelp.co.za.

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO